Beurtkrag duur Saterdag voort

(Argieffoto: Severin D./Unsplash)

Eskom het aangekondig dat beurtkrag Saterdag sal voortduur nadat dit vandag vir die eerste keer in byna vier maande weer ingestel is.

Volgens die kragvoorsiener sal fase 2-beurtkrag tot vanaand 22:00 voortduur voor dit tot Saterdagoggend om 09:00 weer sal hervat. Fase 2-beurtkrag sal dan tot 22:00 Saterdagaand toegepas word.

“Hoewel ons verwag dat van die eenhede deur die loop van die aand weer in bedryf sal kom, is dit nodig om môre met beurtkrag voort te gaan ten einde die noodopwekkerreserwes aan te vul sodat daar beter voorberei kan word vir die komende week.”

Drie van die ses opwekkingseenhede wat ingekonk het, is intussen herstel. Dit is een eenheid elk by Arnot, Tutuka en Matimba. Daar is steeds onderbrekings van 2 350 MW by die Arnot-, Kendal-, Tutuka- en Majuba-kragstasies.

“Eskom versoek die publiek om voort te gaan om hul elektrisiteitsverbruik te verminder ten einde ons te help om die uitwerking van beurtkrag te beperk. Oor die afgelope twee aande het die publiek se hulp ons gehelp om die nodigheid van beurtkrag te vermy.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Die Wolf ·

Maar net die begin. Die kamtige onderhoud wat gedoen was gedurende die grendelperiode was n klug.

Stefan ·

Maroela, het julle nie ‘n ander eskom foto nie? Hierdie een lyk flippen koud!

Prikkie ·

Elke liewe persoon wat in die verlede vet bonusse by Eskom ontvang het behoort dit terug te betaal en hulle kop in skaamte te laat sak.

Ek ken persoonlik mense wat met duur karre ry, wat nie hulle voet uit die kantoor sit vir werkdoeleindes nie en vet subsidies vir daardie karre kry – elke maand vir jare!

Gemerkte Eskom bakkies ry by inkopie sentrums rond en ry na ure na winkels om te gaan Coke en koerant koop. Hoekom doen niemand iets hieraan nie!?

Oom Hennie Pennie ·

Vraag? Hoekom is vir 4 maande geen beurtkrag toegepas nie, en nou skielik?

Johan ·

Oom Hennie,dit ń goeie vraag. Vir maande lees ek diselfde versoek,en niks gebeur nie. Waar is die regsprofete,hier is ń skroef los,klink soos bedrog om die tarief verder te verhoog

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.