Beurtkrag duur Saterdag voort

Argieffoto

Eskom het gesê fase 1-beurtkrag sal Saterdag van 09:00 – 23:00 ingestel word.

“Verbruikers moet kennis neem dat sommige dele langer kan duur voor die kragtoevoer herstel is. As verbruikers se kragtoevoer nie herstel word nie, moet hulle hul verskaffer (Eskom of die betrokke munisipaliteit) kontak,” het die kragvoorsiener in ʼn verklaring gesê.

“Ons sal verbruikers op hoogte hou van die status van die elektrisiteitsnetwerk. Ons vra groot om verskoning vir die ongerief.”

Volgens Eskom bly die netwerk onder druk en verskeie kragopwekkingseenhede is onklaar. “Pogings word aangewend om die steenkoolprobleme by Medupi op te los en seker te maak dat tegniese probleme by kragopwekkingseenhede ook so gou as moontlik opgelos word.”

Volgens die kragvoorsiener sal sy noodreaksie-eenheid Saterdagoggend vroeg vergader om die vordering te monitor en die moontlikheid vir beurtkrag Sondag en volgende week te bepaal.

“Ons hoop om teen Sondag voldoende herstel te wees sodat Suid-Afrikaners die Springbokwedstryd in die Wêreldbekerrugbytoernooi kan geniet.”

Besoek loadshedding.eskom.co.za vir beurtkragskedules of skakel 0860 037 566. Munisipale verbruikers kan die betrokke munisipaliteite se webwerwe besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Koosie ·

Regtig die mense is pateties en hulle ministers saam met hulle . Hulle beplanning en onderhouds werk is swak en bisef hulle hoeveel geld kos dit die ekonomie en hoeveel mense se vleis in koelkaste word vrot of sleg , en baie ou mense kry swaar deur die beurt krag storie .

Bert ·

Die heel laatste ding wat ek wil doen is om eskom te verdedig maar as jou vleis vrot word van 2.5 uur loadshedding moet jy na jou yskas laat kyk, daar moet fout wees.

Jerry ·

Gegewe Eskom se “track record” van lieg, bedrieg en afpersing van verbruikers is die gerusstelling dat daar sondag nie beurtkrag sal wees nie n afleier en regverdiging vir beurtkrag wat nie saterdag sou plaasvind nie. Eskom se bestuurskaders is onbevoeg, slu, uitgeslape en gewetenlose “gangsters”. Laat daar absoluut geen twyfel daaroor bestaan nie en ook daaroor dat die bestuur met die ondersteuning van die regering, die staatskaping “status quo” bly handhaaf!

Vonkprop ·

‘n Mens kan letterlik geen woord glo wat hulle sê nie. Gister het hulle nog gesê Vrydag is die laaste en vir die nabye toekoms. So hulle nabye toekoms is 20 uur later. Geen woorde kan beskryf hoe pateties hulle is nie. Hoe gouer ons alternatiewe vir krag kry hoe beter. Maar selfs daar lyk dit dat vir die volgende 10 jaar ten minste, is ons nog steeds 59% afhanklik van Eskom.

schaun ·

Gee ons n onafhanklike tuisland sodat ons onsself en die wat moeg is vir hierdie piesang regering met sy onbevoegde leiers kan regeer.

Elizabeth ·

Ek stem saam, Shaun. Dit is tyd vir ‘n algehele belastingboikot sodat ons onafhanklik van hierdie immer-verskoning-vraende regering kan begin leef. Die rede waarom hulle probleme ervaar, is omdat hulle dink die infrastruktuur wat hulle in 1994 van die bose regime geërf het, was hier toe die aarde gegrondves is en hoef net so min onderhou te word as bome, weiding en water. As dit breek, staan hulle verstom. As daar nie meer is nie, is hulle slagoffers.

Realis ·

Useless spul!! Nou moet julle die gemors sien, wat gaan ontstaan as Eskom in 3 afsonderlike entiteite gaan ontbondel! Die 3 groepe gaan mekaar oor en weer blameer vir hulle eie incompetentcy!!

Sportgod ·

Vir EENKEER wens ek die hele kragnetwerk in SA kom tot stilstand presies in rugby tyd.
As daar net met soveel gretigheid uitgesien word na Sondagoggend om die Here te gaan dien- da word gebid -“Here gee tog reen -”
Ma kyk hoe word die sportgod gedien.
Dis gekom ons uitgelewer aan ons vyand en ons land verloor het.

Harry ·

Wat van al die boere se sonkrag wat genoeg is om aan die tekortkoming te voorsien? Eskom wil nie die onafhanklike instansies se surplus elektrisiteit gebruik nie, soos die boere (sommige het tot R20 miljoen aan groot sonenergie opwekking bestee).
Om dit nog erger te maak, kry die Kaap ook sogenaamde beurtkrag, terwyl Koebergkragstasie nooit afgaan nie en altyd aan die behoeftes voldoen – dit maak ook geen sin om elektriese krag oor baie lang aftstande te stuur nie, want ‘n groot persentasie krag gaan verlore weens verhitting en elektro-magnetiese uitstralingsverliese.

James ·

Soos Zuma se woorde NEVA wil there be loadshedding again Nevaaa

Jaco ·

Ek is nie lus om volgende week te gaan werk nie, ek wil eerder langs die swembad gaan lê en rustig wees, sal maar my kliënte groot omverskoning vrae vir die ongerief.

Susan ·

Rugby, drank en naweke is die somtotaal van menige Suid-Afrikaners se bestaansvlak.

Gert van Wierdapark ·

Die ontsiener van krag kan more sy merk maak = met of sonder krag! He-he-he!

Blommetjie ·

Ek dink dis nou tyd dalk die volk weer begin tough word. Ons hoor altyd ons oumas het kaalvoet oor die Drakensberge gevlug en nou skielik is ons te pateties om vir onsself te sorg. Dis tyd om op te hou slagoffer wees en op onsself aangewese te wees. Kry ‘n generator, koop ‘n UPS met batterye, kry sonpanele en hou op wag vir iemand anders om alles reg te maak, hulle gaan nie. Tyd om self werk te skep, self kos te groei en weer ‘n bietjie self reliant te raak. Ons oumas sou vir ons gelag het as hulle hoor hoe pateties afhanklik ons nou is van inkompetentes. As ons hier wil woon is dit tyd dat ons nou weer bietjie vir onsself begin sorg.

aj ·

Doelbewuste sabotasie van die kragnetwerk as deel van die MAGSTRYD binne die ANC.

Die rewolusionêres saboteur Eskom om privatisering te voorkom sodat hulle die mag (geld!) beheer.

Onseker ·

Dan is hulle gou om mense te dagvaar as hulle sekere woorde, uitlatings of vlae gebruik in die openbaar. Wat noem hulle die sogenaamde wetlike BEURTKRAG dan.

klippie ·

Kan nie Apartheid Eskom met nou vergelyk nie. Teen einde van Apartheid het minder as 50% van die bevolking krag gehad. Nou is dit meer as 95%. Daar was geweldige uitbreiding sedert Apartheid om dit moontlik te maak.

Johanna Botha ·

Geen krag maar die straatligte brand deur die dag in centurion …al vir MAANDE !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.