Beurtkrag duur Sondag voort

(Argieffoto: Pixabay.com)

Nadat Eskom oornag fase 1-beurtkrag ingestel het, skakel dit van 09:00 Sondag weer oor na fase 2, het die kragvoorsiener gesê.

Beurtkrag geld dan voorlopig tot 23:00 Sondag.

Fase 4-beurtkrag is Vrydag inderhaas ingestel, maar laat die aand minstens na fase 2 verminder.

Eskom het vroeër gesê die inwerkingstelling van beurtkrag moet help voorsiening maak vir verdere probleme by opwekkingseenhede en om kapasiteit te skep sodat waterreserwes by sy pomp-opgaarskemas opgebou kan word.

Onbeplande instandhoudingswerk was bo 12 000 MW, wat dit nodig maak om diesel- en waterreserwes vir onderskeidelik oopsiklus-gasturbines en pomp‑opgaarskemas te gebruik.

Die kragvoorsiener het ook gesê weens die onophoudelike reën ervaar hy steenkoolhanteringsprobleme by sy kragsentrales met die nat steenkool. Dit het beteken opwekkingseenhede kan nie krag opwek nie, het Eskom gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Sarel ·

Die Verbruiker word gestraf vir Eskom se swak bestuur en onvermoë om voldoende instandhouding te doen .

John ·

Ja, inderdaad soos die berig lees,onbeplande instandhouding….hulle onbeplan al sedert die Nuwe SuidAfrika aan bewind is

Michael P ·

Nou dit beteken die reen van daardie tyd was anders as die reen wat jy vandag kry. Het ons n wetenskaplike op maroela wat dit aan ons kan verduidelik asb.

Hannetjie ·

Vaal nuus…weer sedert die ‘oorname’…daar is nie die vermoe om na enige iets te kyk of die wil..om goed wat in plek was en gewerk het, op te pas nie.Trek net deur en demand dan deur te brand en chaos te veroorsaak.Ek se mos..daar moet bonusse en ekstra bonusse vir Kerstyd uitbetaal word…so maak die ‘somme’.

Ander Koos ·

Onbeplande instandhouding is net mooi wooorde vir iets regmaak wat gebreek het a g v geen instandhouuding

Cherokee ·

Ons wyt Eskom se bankrotskap deur gebrek aan instandhouding, onbevoegdheid, miljarde skuld deur ondermeer Soweto wat nie ingevorder word nie, onbevoegdheid, uitvoer van elektrisiteit terwyl nie eens genoeg vir Suid Afrika, gebrek aan beplanning, korrupsie ens. Wat sê die regering op hulle beurt wat is die oorsaak daarvan? Onophoudelike reën wat steenkool nat hou? Skape en beeste wei nie op steenkool nie maar op groenigheid en daarvoor moet dit reën. Hul verskonings is waardeloos.

P Heigers ·

Onbeplan ? nee geen beplanning !
Die ANC sirkus bestuur ons arme land net soos die taxis wat met “vice grips” bestuur

Stiks ·

Dit is algemeen bekend dat eskom bonusse soek. Hierdie optrede is niks anders as hoogveraad nie. Hulle moet nou krimineel vervolg word.

Chris ·

Nou wil ek net eet het dit nie in die vorige bedeling gereen nie, het die steenkole toe nie nat geword nie. Dit is nou n gewoonte om te se die steenkool het nat gereen . Vir alles het hulle n antwoord en n plan hoekom na 25 jaar nog nie die kole onderdak geberg nie. O ja eintlik help hulle die bevolkings aanwas sodat daar oor ongeveer 20 na 30 jaar nuwe generasie ingeneurs kan wees . Goeie vooruit bplanning en sodoende kan hulle dan n volhoubare kraglewerings netwerk beplan en verseker .

JamesTwee ·

Een van die lekkerste dinge in die lewe, is wanneer jou krag tussen 02h00 en 04h30 op ‘n Sondagoggend afgaan. Eers wonder jy of jou “earth getrip “het, maar jy belsuit om maar te wag tot die lig breek. Net na vyf toe jy opstaan, toe hoor jy die yskas loop al weer.

Jy gaan kyk vinnig na jou skedule – en sien jou “beurt “is verby! Jou beurt was tussen 02h00 en 04h30.

Jy is half-bly, half-hartseer. Bly – want jy het krag. Hartseer – want jy het nie krag nodig vir die dag nie.

Jy wonder hoe voel mense in die res van die land- wie se beurt nog oppad is – wanneer hulle ‘n maaltyd aanmekaar wil slaan op hierdie mooie Sondag..

Johann cb ·

Onlangs het kundige persone aangebied om Eskom te help, maar die aanbod is verwerp! Nou betaal almal ongelukkig die lag!

JamesTwee ·

Ja wat. Voor 1994 het steenkool nooit natgereen nie. Erger nog – tydens die 1970’s het die vorige “regime” van die besste kragstasies ter wereld gebou met die beskikbare tegnologie van die dag. Ten spyte van sanksies. Ek weet dit eerstehands. Ek het as kleuter myself verwonder aan die oprigting van Tutuka, vanaf my speelplekke op ‘n nabygelee plaas. Ek kon nie glo wat my oe sien nie soos wat torings gegroei het, groot lorries met reusagtige onderdele soontoe ry nie, en hoe Eskom in Standerton twee reusagtige voorbuurte bou – (en hulle staan vandag nog) – net om blyplek te verskaf vir die duisende mense betrokke by EEN kragstasie.

Dit in ‘n tyd wat die prima uitleenkoers rondom 20% was… Die huidige “regime”kan nie eers hul verowerde inftastruktuur in plek hou nie. Ten spyte van geen sanksies, hulp van oral om die wereld, en prima van onder 10%.

Wat vertel dit vir jou?

proppie ·

My geld gaan ook Nat wees die einde van die maand as ek moet betaal

Kobus ·

Useless eskom met allerhande flou verskonings. Vroeer jare was daar beplanning, produksie en vaardighede . En mense wat wou werk. Ten spyte van reendae was daar nooit kragonderbrekings en daar was n reserwe voorraad vir onvoorsiene omstandighede. Daar was n diensskedule. Een turbine word gediens ander een op bystand en 4 het krag opgewek.

Kobus ·

Daar was n PARMS rekenaarstelsel wat presies gewys het wat aangaan op die kragstasie

Scalla ·

Nat steenkool behoort lekker te brand as dit bygevoeg word by reeds brandende kool, swak verskoning. Erken eerder jul onbevoegdheid.

Lizette ·

So bid ons vir reen, maar nou moet ons weet….. waneer ons bid vir reen gaan ons sonder krag sit.

De Villiers ·

Hoe ironies is dit nie dat Eskom voor 1994 dieselfde tipe uitdagings gehad het, maar dit nie omskep het in probleme nie, juis omdat dit reg bestuur was. Ek hoop nie mense glo elke keer Eskom se verskonings nie, want as hulle die waarheid praat, sal hulle erken dat dit weens hul onbevoegdheid is. Ongelukkig het die ANC tot dusver nog nooit geleer uit hul foute nie, meer nog, dat hulle geen verantwoordelikheid aanvaar vir die foute wat hulle maak nie, want dis altyd iemand of iets anders se skuld.

Attie ·

Intussen prop hul hoofde en regeringsvennote hul sakke vol. Dit is Kersfeesseisoen en daar moet kaviaar en Moët et Chandon op die tafels wees.

HPV ·

Ek glo nie dit is tegniese instandhouding maar eerder admin, soek geld vir die instandhouding van hul astronomiese “prestasie” en ander bonusse. Hulle presteer mos by nie-lewering van hul produk.

Sdl ·

Maroela het julle nie nuus nie dat julle mens verveel met beurt krag nuus?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.