Die kragvoorsiener Eskom het gesê fase 2-beurtkrag sal vanaf Woensdagaand om 21:00 toegepas word. Dit sal na verwagting tot Saterdag omstreeks 05:00 voortduur.
Eskom het gesê nog kragopwekkingskapasiteit het verlore gegaan by Medupi-, Arnot-, Duvha- en Kendal-kragstasies. Beurtkrag word ingestel om die netwerk te beskerm.
Daar was ook ʼn toename in die aanvraag na elektrisiteit wat verdere druk geplaas het op noodreserwes.
Daar is tans 6 052 MW op beplande instandhouding en 12 689 MW is nie beskikbaar nie weens onverwagse tegniese probleme en vertragings.
Ai, en ons het so gehoop dinge gaan beter word by Eskom!
Politieke aanstelling Adri hulle wil ons wys al is ‘n blanke in die pos dat dit steeds ‘n gemors gaan wees
Patete dis presies wat Eskom is! Dis verdomp koud man. Enigste vertragings is julle self pffft regtig bekotsingswaardig verby! My betaling gaan ook vertraag word en in paaiemente soos julle diens is!
Elektrisiteit word duurder, verskaffing word minder. Hoe werk dit? Stel weer meer bestuurders uit die ou bedeling aan, dan sal ons beter diens kry.