Beurtkrag duur steeds voort

(Argieffoto: Johannes Plenio/pixabay)

Die kragvoorsiener Eskom het gesê fase 2-beurtkrag sal vanaf Woensdagaand om 21:00 toegepas word. Dit sal na verwagting tot Saterdag omstreeks 05:00 voortduur.

Eskom het gesê nog kragopwekkingskapasiteit het verlore gegaan by Medupi-, Arnot-, Duvha- en Kendal-kragstasies. Beurtkrag word ingestel om die netwerk te beskerm.

Daar was ook ʼn toename in die aanvraag na elektrisiteit wat verdere druk geplaas het op noodreserwes.

Daar is tans 6 052 MW op beplande instandhouding en 12 689 MW is nie beskikbaar nie weens onverwagse tegniese probleme en vertragings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Persheks Adri ·

Politieke aanstelling Adri hulle wil ons wys al is ‘n blanke in die pos dat dit steeds ‘n gemors gaan wees

Persheks Adri ·

Patete dis presies wat Eskom is! Dis verdomp koud man. Enigste vertragings is julle self pffft regtig bekotsingswaardig verby! My betaling gaan ook vertraag word en in paaiemente soos julle diens is!

agnes ·

Elektrisiteit word duurder, verskaffing word minder. Hoe werk dit? Stel weer meer bestuurders uit die ou bedeling aan, dan sal ons beter diens kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.