Beurtkrag duur tot Donderdag voort

Argieffoto

Fase 2-beurtkrag sal tot Donderdag om 06:00 voortduur en steeds tydens spitstye vir verkeer opgeskort word.

Eskom het Dinsdag gesê hy toets die impak op die verkeer om beurtkrag weeksdae tussen 06:00 – 09:00 en 16:00 – 18:00 op te skort. Die kragvoorsiener sal daagliks bevestig of die beurtkrag tydens spitstye opgeskort gaan word, omdat dit nie elke dag moontlik is nie.

“Fase 2-beurtkrag bly tot Donderdag om 06:00 van krag. Onbeplande kragonderbrekings of tegniese probleme het Dinsdagoggend om 06:00 op 11 398 MW gestaan. Beurtkrag is nodig om die tekort in kapasiteit aan te spreek en kragreserwes tydens die week op te bou. Ons monitor steeds die stelsel,” het die kragvoorsiener in ʼn verklaring gesê.

“Ons is jammer dat beurkrag ʼn negatiewe impak op Suid-Afrika het. Noodsaaklike instandhoudingswerk word gedoen op eenhede.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
HBK

Ek sou graag die logika wou verstaan. Is die vraag dus laer gedurende spits tyd? Was al die vorige beurtkrag gedurende die tye dan onnodig? Dis vir my duister!

Boertjie

En blykbaar is Tshwane stadsraad nie van die spitstyd-afskakel verwittig nie. Zambezi rylaan (of soos dit tans bekend staan, Sefako Makgatho rylaan) is ‘n NAGMERRIE tydens beurtkrag, en was weer gistermiddag tussen 4 en 6, toe die beurtkrag veronderstel was om opgehef te wees.

Marie

Jammer beteken niks vir ons nie.