Die kragvoorsiener Eskom het Sondag gesê fase 2-beurtkrag sal tot Woensdag om 05:00 voortduur nadat verdere kragopwekking en noodreserwes verloor is.
Eskom-spanne kon oor die afgelope twee dae ʼn kragopwekkingseenheid by onderskeidelik Matimba- en Medupi-kragstasie aanskakel. Tegniese probleme word egter by vyf kragstasies ondervind en dit plaas verdere druk op die netwerk.
Tegniese probleme is ondervind by Tutuka-, Majuba-, Kusile-, Matimba- en Duvha-kragstasies. Probleme by Kriel- en Kendal-kragstasies duur voort.
“Ons het ook ʼn vertraging beleef om eenhede te koppel by Hendrina- en Duvha-kragstasies en om die volle lading op die Cahora Bassa-lyn te herstel.”
Sowat 6 545 MW is tans op beplande instandhouding terwyl 12 915 MW kapasiteit nie beskikbaar is nie weens vertragings en tegniese probleme. “Dit beteken dat ons nie aan die aanvraag kan voldoen nie.”
Eskom sê hy werk hard daaraan om die eenhede weer in diens te kry.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
13 Kommentare
Hulle bly maar onbevoeg.
Hello darkness my old friend, I’ve come to talk to you again and again and again and again. Who di we have to thank, who do we NOT vote for in the next election?
Patete! Werk harder en laat ons minder betaal, want ons kry eenvoudig nie die diens waarvoor ons betaal nie!!! Regtig 2 keer per dag is die krag af pffft! 15% verhoging gggmmmfff julle patete voetsek
Kry só ‘n idee dat daar ‘n groot mate van intimidasie en moedswilligheid betrokke is. Wil nie ou argumente opgrawe nie – is dit deel van die groter plan of onbevoegdheid op skaal, groter as munisipale inploffing? Wat hier betrokke is, is infrastruktuur wat wanbestuur en wanaangewend word – blykbaar sonder gevolge.
De ruyter is ook maar te swak om die plek reg te ruk. Stel mense aan wat weet wat hulle doen