Beurtkrag duur voort, sê Eskom

(Foto: pixabay)

Eskom het Woensdagaand gesê Fase 2-beurtkrag duur Donderdag voort.

“Die netwerk is steeds onder erge druk, en fase 2 beurtkrag sal Donderdag tussen 09:00 en 22:00 ingestel word,” het die kragvoorsiener in ʼn verklaring gesê. “Spanne kon Dinsdag en Woensdag drie kragopwekkingseenhede aan die stelsel koppel, maar nog twee het kortsluitings beleef.”

Suid-Afrikaners word al langer as ʼn dekade onderwerp aan beurtkrag weens jarelange verwaarlosing en plundering by die kragvoorsiener tydens staatskaping. Eskom se skuldlas beloop sowat R450 miljoen.

“Onbeplande kragonderbrekings staan op 12 100 MW kapasiteit, bykomend tot die 4 350 MW wat tans weens beplande instandhouding afgeskakel is. Verdere verlies aan kragopwekking kan veroorsaak dat die beurtkrag op kort kennisgewing verhoog moet word.”

ʼn Landswye kouefront dra ook by tot ʼn groter aanvraag op die verouderde netwerk, het Eskom bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Persheks Adri ·

Dis yskoud verby en Eskom is WEER onstabiel!!! Ons betaal mos vir krag regtig waar. My generator loop nie op spoeg nie en ek’s moeg om vir ‘n patetiese diens wat ons nie kry nie voor te betaal! Genade nee aikona ne ek’t nek en rug operasie gehad julle is so NIE snaaks NIE!!! Useless

Scalla ·

Ons het beurtkrag gehad Dinsdagaand vanaf 20h00 tot 22H00, ek as leek laat my nie verel Eskom het met die 2 ure gespaar nie en indien wel met hoeveel?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.