Beurtkrag duur voort: Só lyk vooruitsig

(Foto: pixabay)

Eskom het om 08:00 Sondagoggend weer met beurtkrag begin nadat dit omstreeks 22:00 Saterdagaand afgelas is.

Volgens die kragvoorsiener werk hy onverpoos om al sy opwekkingseenhede weer in diens te stel. Daar word egter verwag dat die kragnetwerk die komende week steeds erg onder druk sal wees. “Eskom doen ʼn beroep op mense om te help om elektrisiteitsverbruik te verminder ten einde die uitwerking van beurtkrag te versag.”

Beurtkrag sal tot 22:00 Sondagaand voortduur. Dit word gedoen ten einde die noodopwekkerreserwes aan te vul sodat daar beter voorberei kan word vir die komende week. “Weens die aansienlik kouer weer het die vraag na elektrisiteit aansienlik gestyg.”

Eskom se instandhoudingswerkers kon Saterdag daarin slaag om drie opwekkingseenhede by onderskeidelik die Arnot-, Duvha- en Kendal-kragstasies weer in diens te stel. Dit het 1 565 MW tot die kragnetwerk bygevoeg. Daar word egter steeds gepoog om opwekkingseenhede by onderskeidelik die Tutuka-, Kriel- en Hendrina-kragstasies te herstel.

Beurtkrag is Vrydag vir die eerste keer in byna vier maande weer ingestel. Dit volg ook nadat Eskom verlede maand gesê het daar word nie beurtkrag dié winter verwag nie. Die kragvoorsiener het gesê daar is wel die moontlikheid dat drie dae van beurtkrag teen einde Julie kan voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Anel ·

Daar het jy dit nou. Niemand kan vertrou word nie. Moontlik net 3 dae in Julie. Wel, vandag is die 3de dag. En dan? Ons kry al die afgelope paar maande gereeld, tot 2 maal per week kragonderbrekings. En raai, net vir 2ure en dan kom vertel hulle vir ons een of ander storie van krag transformater wat foutief is. Maar elke keer net ‘n sekere gedeelte van ons woonbuurt. So, mense wat die nog glo, moet maar hul koppe laat lees. En hoe gaan ons pensioengeld dit kan verhoed? Net klomp diewe.

Stefan ·

Wel, hier in Centurion het ons blykbaar geen tekort aan krag, ons straatligte brand 24/7 al vir vele maande!
Maar ons kry wel beurtkrag, ek wil nou nie slimmer lyk dan die mense in beheer maar wat van as ons nou die straatligte eerste af sit in die dag??

capie ·

Die oomblik wat die straatligte se krag afgesit word, is dit permanent af want daar is nie geld om al die kabels weer te vervang nie.

Agietjie ·

Dit lyk asof SA net-net genoeg opwekkings vermoë het om in die aanvraag te voorsien. As een opwekkingseenheid foutief raak – beurtkrag. Dis tog nie goeie beplanning nie

Leonard ·

ESKOM vir TE LANK suig SA aan die agterste speen. Tegnologie MOET gebruik word!!

Persheks Adri ·

Dis winter en vrek koud verby en so sukkel die nuwe SA aan op leë beloftes! Waarvoor betaal ons ons rekeninge? Om in die koue te sit?!?!? Maak my boos verby om die minste te sê. Hul sê 3 dae sonder krag, maar volgens die skedule is dit ELKE dag en NAG!

Sarel ·

Vir hoeveel jaar gaan dit nou al so. Nog word geskep en reels voos verbruiker moet betaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.