Beurtkrag duur voort: Só lyk vooruitsig

(Foto: pixabay)

Fase 2-beurtkrag gaan Maandag voort en die moontlikheid van beurtkrag vir die res van die week bly hoog weens ʼn kapasiteitstekort.

Eskom pas sedert 09:00 Sondag fase 2-beurtkrag toe en dit sal tot 23:00 Maandag voortduur, het die kragvoorsiener bekend gemaak.

Dit is weens die kwesbaarheid en onbetroubaarheid van die kragnetwerk weens die verlies van bykomende eenhede. Daar is meer as 12 000 MW se onbeplande onderbrekings.

Volgens Eskom het water- en dieselverbruik by sy pompskemas en oopsiklus-gasturbines toegeneem weens die verlies van bykomende eenhede.

“Gevolglik kon ons nog nie water en diesel spaar wat benodig word om beurtkrag te verminder of stop te sit nie. In dié stadium is die moontlikheid hoog dat beurtkrag tot die einde van die week toegepas sal word.”

Fase 4-beurtkrag is Vrydag inderhaas ingestel, maar laat die aand minstens na fase 2 verminder. Saterdag is fase 1-beurtkrag ingestel voor daar weer na fase 2-beurtkrag oorgeskakel is.

Die kragvoorsiener het ook gesê weens die onophoudelike reën ervaar hy steenkoolhanteringsprobleme by sy kragsentrales met die nat steenkool. Dit het beteken opwekkingseenhede kan nie krag opwek nie, het Eskom gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

JDeer ·

Ja,Ja nou sal hulle weer die reen die skuld gee, waar is julle plan B?

Jacques ·

Die reën is dalk Apartheid se skuld? Of Van Riebeeck sin? Of het dit nie gereën in die ou dae nie?

Sê maar net ·

Plan B is om tariewe op te skuif, maar dis ook plan A, C, D – Z

Peanut ·

Ek verstaan nou nie mooi nie, in die ou dae voor “iendêpidins” was daar nie gedurig beurtkrag nie. Is dit nou maar CancER se begrip van die woord, om vir almal n beurt te gee om te “struggle”, ook die wat betaal .

Maljan ·

Veral die wat betaal Gaan beloer maar die situasie in die groot townships. Hulle kry nie beurtkrag nie. Raai wat? Hulle betaal/koop ook nie. Maar nou het die battery seisoen begin. Hek motor, alarm batterye. Koop moet ons koop.

jaco ·

skaf regstellende aksie by Eskom af. skaf ook BEE af. Neem terselfdertyd wit mense se stemreg weg. in ruil vir die kans om dan weer behoorlik te werk en ons dienste aan die Staat te lewer sodat dinge kan regkom, kan ons mos maar daardie opoffering maak deur ons stemreg op te gee.
Die Turkse Ryk het dit met die Joodse en Christen minderhede gedoen. hulle regte oor waar hulle mag werk en bly was minder as die moslems s’n en hulle belastings was meer as die moslems s’n. Die 2 minderheidsgroepe het egter hulle lot aanvaar en die beste gemaak van dit wat hulle wel wetlik mag gedoen het. En baie het skatryk geword daaruit.

Anel ·

Eintlik maak hulle net geld bymekaar vir bonusse. Van wanneer af brand steenkool nie as dit nat is nie? Hulle dink seker ons het almal net 1/100ste van ‘n breinsel. Onbevoegde spul.

Strandloper ·

Asseblief mense julle versaan nie….hulle het nou net 10 000 ekstra mense aangestel om elke liewe steenkool met die mond droog te blaas….en dit vat tyd!

Sê net ·

@Strandloper – Ek het dit weer dat hulle die steenkool met handdoeke droogvryf. Nou is al die handdoeke nat en die reën help nie. Die tuimeldroeër werk ook nie want daar is beurtkrag onderweg… Catch22.

Sakkie ·

Dit is die nuwe tipe steenkool wat hul nou uithaal wat nie brand as hy nat is..Ek hoop Almal glo my.

Madelein ·

Het ook gehoor Alexander Soweto en al die sekere mense se gebiede het nie beurt krag nie bekyk maar hulle schedules is ons belastingbetalers wat aan die agter speen suig en ons moet maar stil bly dankbaar wees en aangaan want is apartheid se kuld.

Neels ·

Snaaks dat beurtkrag net voor die Paasnaweek en nou weer net voor die Kersseisoen kop uitsteek .

Theresa ·

Hemel tog – Kry net iemand wat weet hoe om die werk te doen en nie net heeltyd loop en geld vra nie. Ons betaal elke maand ons rekeninge, ander kry dit verniet en die res vat dit verniet. Kry net mense wat weet wat om hulle aangaan asseblief!!! Word wakker!!!

Sybrand ·

Zimbabwe hy is , my huis was van vrydag 16:30 tot gister aand 20:00 af , moenie my se dis load shedding nie , Die land is in sy Ma in , Dis tyd om te trek

@Strandloper ·

Strandlopertjie, word wakker en gaan drink n koffie saam met jou mej heelal.

Strandloper ·

@Sê net. Ek sien daai prentjie dan sit die arme siele oop die koop toe nog in die reen en werk ook sonder eenige skuiling. So mense wees geduldig asb.

JohanR ·

Is Zimbabwe se krag dag en nag aan, 24 uur ‘n dag en 365 dae ‘n jaar? Moet lekker wees om in Zimbabwe te lewe, en dag en nag, 24 uur ‘n dag en 365 dae ‘n jaar krag te he? En wie bedank Zimbabwe…..ESKOM!!!

Kobus ·

Eskom lieg. In die ou dae het dit ook gereen en steenkool was nat. En dit het gebrand.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.