Beurtkrag duur voort tot Donderdag

(Argieffoto: Johannes Plenio/pixabay)

Eskom het gesê fase 2-beurtkrag sal van vanaand 21:00 tot minstens Donderdag om 05:00 voortduur.

“In ʼn poging om noodreserwes op te bou, sal fase 2-beurtkrag ongelukkig verleng word. Die beurtkrag is ook nodig om ander bykomende risiko’s in die kragopwekkingsvloot aan te spreek,” het die kragvoorsiener Vrydag in ʼn verklaring gesê.

Eskom sal tydens dié periode poog om ʼn aantal kragopwekkingseenhede weer in diens te kry en die publiek word gemaan om elektrisiteit spaarsamig te verbruik. Beplande instandhouding beloop 5 277 MW en onbeplande onderbrekings beloop 14 760 MW.

“Terwyl ons steeds werk aan vier eenhede by Tutuka, waar die vervoerband onklaar geraak het, was daar ook binne ʼn kort tydjie ʼn rits lekkasies by die ketelpyp.”

Noodreserwes is verder uitgeput weens ʼn onderbreking by kragopwekkingseenhede by Kusile-, Komati- en Hendrina-kragstasies. ʼn Kragopwekkingseenheid wat by Majuba-kragstasie aangeskakel kon word het vandag effense verligting gebring, maar dit was nie voldoende om die omvattende verbruik van noodreserwes te voorkom nie.

Eskom onderneem om enige veranderinge dadelik te kommunikeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

gatgogga ·

En dit so vlak voor die munisipale verkiesings, nogal. Die ANC braak seker gal.

Buck ·

Wonder of Mamelodi se krag ook laasnag vir 2 uur 30 min af was soos hier in ons ou klein dorpie met sy 22 straatligte. Ek weet wel dat ons hier almal elke maand ons krag betaal

Pieter ·

Dit is ironies dat daar elke keer wanneer Eskom beding vir tarief verhogings, beurtkrag ingestel word!!!

annie ·

Hou aan hande was, sit op jou masker, gaan vir jou volgende inenting, staan 2 meter verder weg in die tou, staan vir ‘n tempertuurlesing, nee, geen besoekers, sit af jou swembadpomp, gaan koop gas, hierdie is nou ‘n vierrigtingstop, betaal 30% meer vir krag… Ja baas.

Excalibur ·

Hoe werk die die volgende bepaling nou: “No work = No pay” en “Service Credit = Overpayment” MAAR by ons land se trotse Eskom is dit “More load shedding = More the consumer pay” … “No credit = Overpayment” in ‘n wereldstandaard sal dit eintlik moet lui: “More load shedding = Less the consumer pay” OR “Credit to the consumer = Enforced load shedding hours”.
Besighede jaag hul voedsel & kruidenierspryse op jeens die bogenoemde situasie wat die “consumer” (ek & jy) nou ‘n dubbele koste inflasiehou toedien. Die uiteinde is die middelvlak “consumer” gaan en koop ‘n kragopwekker ten duurste aan wat per beurtkrag sy diens moet lewer maar dit werk slegs met opgejaagde brandstofpryse … en laaste niet … die boonste vlak “consumer” koop vir sy/haar woning ‘n son- of windkragstelsel teen geen staatsrebat maar wat as “Groen Energie” beskou word maar teen watter onkoste. So bloei Jan Allerman uiteinde uit jeens ‘n Kadawer Regering.

Jr ·

Dis wat gebeur as die govt n klomp kleuter skool onderwysers en social werkers was maar het geen opleiding in hulle amp nie. Geen aanstoot vir die regte onderwysers en social werkers wat wel opgelei is vir daai werk

james ·

Sal so gaan, niks was instand gehou nie, staats kaping was prioriteit!!!!! stem reg op 1 Nov, David het Goliat gewen dit kan weer gedoen word

Skappie ·

James, ek stem saam met jou. Die mense moet net reg stem op die 1 November. Ons land is nou in die mense se hande.

Jr ·

Ek stem saam met u, maar onthou ons as volk sal nie reg kom as Piet vir daai party stem, Sannie vir daai, Frans vir daai. Lulu vir hierdie een. Ons moet een party kies soos DA of VF ( nie n fan van enige een, al haat u hulle hoe of nie saamstem met hulle beleid) sodat ons hulle sterk kan maak om ten minste cANCer se meederheid in parlement weg te vat. Doen dit net vir een verkiesing om cANCer party te wys ons hoef nie jou bully taktiek te aanvaar nie. Ons division in stemmery is ons grootste rede hoekom ons nie iets regkry. ‘n Kruisie in die regte plek is soos’ n kolskoot tussen die cANCer oë. Genoeg “koeëls” en die vyand kan val.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.