Beurtkrag duur voort

Argieffoto

Eskom het vanoggend (Sondag) gesê fase 2-beurtkrag sal tot Maandagoggend voortduur nadat dit Saterdagaand onverwags ingestel is weens ’n vervoerband wat by die Medupi-kragstasie naby Lephalale (Ellisras) in Limpopo onklaar geraak het.

Eskom sê in ’n verklaring hoewel die vervoerband reeds herstel is, verkeer die kragstelsel egter steeds onder erge druk. Beurtkrag word dus vanoggend omstreeks 08:00 tot Maandagoggend 05:00 geïmplementeer.

Beurtkrag is aanvanklik net vir laasnag ingestel om die kragvoorsiener die geleentheid te gee om watervlakke by sy pompopgaarskemas sowel as diesel vir die gasturbines aan te vul.

Luidens die verklaring is dit gedoen om voldoende elektrisiteit op te wek om Eskom in ’n beter posisie te plaas vir die komende week wanneer Suid-Afrikaners terugkeer werk toe.

“Ons herinner klante daaraan dat beurtkrag ’n noodsaaklike en beheerde maatreël is om kontinuïteit in aanbod te verseker.”

Eskom onderneem om Suid-Afrikaners ingelig te hou oor die vooruitsigte vir beurtkrag vir Maandag asook hul herstelpogings vir die komende week.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Loraine

Kan nie verstaan daar staan omtrent 100 wind turbinos oppad Tulbach toe waarvan omtrent net 1 of 2 gewerk het, dit is die antwoord vir ons krag probleem met Eskom. Word wakker regering!!