Beurtkrag eers opgeskort

(Argieffoto: Unsplash)

Eskom het Vrydagoggend gesê beurtkrag word vir eers opgeskort nadat die vraag na elektrisiteit voor die naweek afgeneem het.

Die kragvoorsiener sê hy sal van die geleentheid gebruik maak om sy noodopwekkingsreserwes oor die naweek aan te vul ter voorbereiding op volgende week se verwagte hoër vraag na elektrisiteit.

“Verbruikers word steeds gemaan om elektrisiteit spaarsaming te gebruik aangesien die kragnetwerk kwesbaar en onstabiel is.”

Volgens Eskom sal instandhoudingswerk oor die naweek voortgesit word en hoewel instandhoudingswerk na verwagting druk op die kragnetwerk gaan plaas, is dit nodig om die betroubaarheid en werkverrigting van die land se kragstasies te verbeter.

“Ons het tans 6 060 MW op roetine-instandhouding en 13 206 MW is onbeskikbaar weens onbeplande instandhouding. Eskom se spanne werk onverpoos om soveel moontlik van sy kragopwekkingseenhede weer aan die gang te kry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.