Beurtkrag: Effense blaaskans aangekondig

beurtkrag-gloeilamp

Argieffoto

Gebruikers sal na verwagting Saterdagaand ’n welkome blaaskans van beurtkrag geniet.

Die kragvoorsiener het vanoggend in ’n verklaring gesê hy sal vanaf 17:00 vanmiddag tot Sondagoggend geen beurtkrag instel nie.

Dit is te danke aan sy opwekkingstelsel wat beter presteer het as wat verwag is. “Dit het ons ruimte gegee om ’n bietjie verligting gedurende die nag aan kliënte te bied.”

Luidens die verklaring sal beurtkrag wel 08:00 Sondagoggend in werking tree nadat die kragvoorsiener aanvanklik gesê het dat die moontlikheid van beurtkrag op Sondag skraal was sou alles goed gaan.

Maroela Media het vroeër berig beurtkrag sou van Donderdag tot Sondag 06:00 ingestel word. Dit is omdat bykomende eenhede verlore gegaan het weens ʼn tekort aan opwekkingskapasiteit.

Luidens die verklaring het twee opwekkingseenhede egter vanoggend vroeër as verwag in werking getree en die pompopgaarskemas het voldoende herstel, wat beteken dat die stelsel moontlik teen Maandagoggend ten volle kan herstel.

Onbeplande kragonderbrekings het 08:00 vanoggend (Saterdag) op 10 553 MW gestaan met beplande instandhoudingswerk op 5 679 MW.

Eskom het verbruikers herinner dat hoewel hy effense verligting vanaand kan verskaf, die stelsel steeds onder druk verkeer en dat enige verandering in die stelsel die verandering van die fase beurtkrag op kort kennisgewing kan veroorsaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
JM

‘n Mens weet nie meer wat om te glo nie.

Naas

Eskom sal vinnig moet bykom. Private ondernemings gaan ten gronde.