Beurtkrag: Effense verligting aangekondig

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Geen beurtkrag sal na verwagting Donderdag ingestel word nie.

Eskom het in ’n verklaring gesê hy beplan nie om vanaand óf môre beurtkrag toe te pas nie nadat sy  opwekkingskapasiteit verbeter het.

Die kragvoorsiener het wel gesê beurtkrag kan moontlik op kort kennisgewing ingestel word, sou dit later nodig word.

Onbeplande instandhoudingswerk het teen laatmiddag 11 334 MW uit die netwerk gehaal, terwyl 5 831 MW weens beplande instandhoudingswerk nie beskikbaar is nie.

Eskom het verbruikers gevra om steeds elektrisiteit spaarsamig te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.