Beurtkrag: Eskom pas fase weer aan

(Argieffoto: Johannes Plenio/pixabay)

Beurtkrag sal Woensdag na fase 1 afgeskaal word nadat Eskom se noodreserwes Dinsdag herstel begin toon het.

Fase 1-beurtkrag sal dus van Woensdag 05:00 tot Saterdag 05:00 toegepas word.

Die kragvoorsiener sê in ’n verklaring dit is egter steeds nodig om beurtkrag toe te pas omdat die netwerk steeds onder geweldige druk verkeer.

Eskom-spanne kon oor die afgelope twee dae kragopwekkingseenhede by onderskeidelik die Kusile-, Grootvlei-, Kriel- en Matla-kragstasie asook die Cahora Bassa-kraglyn aanskakel. Tegniese probleme word egter by die Medupi-, Arnot- en Komati-kragstasie ondervind en dit plaas verdere druk op die netwerk.

Sowat 5 850 MW is tans op beplande instandhouding terwyl 13 443 MW se kapasiteit nie beskikbaar is nie weens vertragings en tegniese probleme. Dit beteken dat Eskom nie in die aanvraag kan voorsien nie.

Eskom sê hy werk hard daaraan om die eenhede weer in diens te kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Willem ·

Hoekom pas hul dit nie maar aan na 5jaar nie. Dan weet ons ten minste waar ons is

Persheks Adri ·

Moet ons nou dankie sê vir iets waaroor ons betaal en nie die diens ontvang nie huh? Roer julle boude met ‘n spoed pffft tsssk! Patete dis wat julle is!

Cecilia ·

Duidelik is d ESKOM spanne n klomp MAMPARRAS . Stel bevoegde en gekwalifiseerde tegnici aan ( o ja hul sit almal in d Buiteland want hul mos te wit)!
D ergste is v April betaal ons 15% meer vir n swakker diens! Nelspruit het fase 6 sommer beleef d afgelope week want ons het 2x p.d vir 2 ure sonder krag gesit. Maar d lekkerste is. D Swart woonbuurte het net 1x p.d somtyds glad nie en hul is d Kaders wat onwettige krag aansluitings het en d kragnetwerk misbuik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.