Beurtkrag: Eskom skaal af na fase 1

(Argieffoto: pixabay)

Eskom het Saterdag bekend gemaak fase 1-beurtkrag word van 12:00 – 23:00 toegepas.

“Danksy ʼn verbetering in kragopwekking en lae verbruik van elektrisiteit oor die naweek, word fase 1-beurtkrag van 12:00 – 23:00 toegepas. Dit word afgeskaal van fase 2-beurtkrag wat vanaf 07:00 toegepas is.”

Koeberg-eenheid 1 is veilig op die kragnetwerk ingeskakel en het tot verhoogde kragopwekkingskapasiteit gelei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.