Beurtkrag: Eskom skaal Sondag af na fase 1

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Beurtkrag sal Sondag na fase 1 afgeskaal word nadat Eskom se noodreserwes Saterdag herstel begin toon het.

Die kragvoorsiener sê in ’n verklaring dit is egter steeds nodig om beurtkrag toe te pas om sy noodreserwes vir die komende week op te bou.

Fase 1-beurtkrag sal dus Sondag van 06:00 tot 23:00 van krag wees.

“Ons het tans 7 914 MW op roetine-instandhouding en 10 468 MW van kapasiteit weens onbeplande instandhouding. Eskom se spanne werk onverpoos om soveel moontlik van die kragopwekkingseenhede weer aan die gang te kry.”

Die kragvoorsiener doen ’n beroep op verbruikers om elektrisiteit spaarsamig te gebruik om sodoende die uitwerking van beurtkrag te beperk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johan ·

Lekker oortyd so ons sal sorg dat daar altyd beurtkrag is met dank Eskom werkers.

Persheks Adri ·

Ag dankie Eskom ons betaal egter vir die diens hoor! Gggmmmfff maak my siek man

Stefan ·

Wat van ‘n bietjie ‘ load reduction’ na die gebiede wat nie betaal nie.
Dan kan julle die bietjie krag wat julle opwek ten mindste verkoop en nie weggee nie.
Vra maar elke finansiële adviseur, dit sou finansieel baie sin maak vir die ‘bottomline’.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.