Beurtkrag: ‘Eskom skuld die publiek antwoorde’

Argieffoto

Die DA het Donderdagaand in ʼn sterk bewoorde verklaring sy misnoeë uitgespreek met die feit dat Fase 1-beurtkrag ingestel is. “Dit is ontstellend om die minste te sê,” het Natasha Mazonne, die DA se skaduminister van openbare ondernemings, gesê.

Mazonne het gesê duidelik het Eskom se wintergereedheidsplan gefaal. “Eskom moet dringend die publiek toespreek oor hoekom die beurtkrag nou nodig is, watter sabotasie plaasgevind het en waar, asook of beurtkrag nou weereens die norm gaan word.”

Mazonne meen selfs dat die huidige situasie waarin die land hom bevind ʼn direkte resultaat van staatskaping is. “Die ANC het vir jare toegelaat dat sy makkers en Guptas die lewensbloed uit die staatsentiteite suig.”

Sy beweer die finansiering vir dié entiteite is gesteel vir die persoonlike gewin van diegene wat politieke verbintenisse het. Sy meen betrekkings met reusesalarisse is uitgedeel aan mense sonder ervaring en nou betaal Suid-Afrikaners dubbel en dwars daarvoor.

“By Eskom het die staatskapingmonster hom só dik geëet hy wil bars. Die kragvoorsiener het ʼn reuseskuldlas en te veel werknemers wat hy nie kan bekostig nie – en heeltyd gaan die prys van elektrisiteit op en gewone Suid-Afrikaners kan dit nie bekostig nie. Suid-Afrikaners moet die las van die ANC se mislukkings dra, die koste van petrol, kos en vervoer verhoog merkbaar, en die daaglikse gesukkel net om te oorleef raak al moeiliker.”

Mazonne meen Suid-Afrikaners sal in 2019 ʼn geleentheid hê om vir ʼn party te stem wat al bewyse kon lewer dat hy Suid-Afrikaners se lewe verbeter.

Maroela Media het vroeër berig Fase 1-beurtkrag sal tot 21:00 Vrydag ook ingestel word, aangesien die nasionale kragnetwerk steeds nie herstel het ná Donderdag se protesoptrede nie.

Khulu Phasiwe, woordvoerder van Eskom, het gesê die kragvoorsiener was genoodsaak om beurtkrag vanaf 11:30 in te stel aangesien sy kragopwekkingseenhede voortdurend uitskop.

“Voorvalle van intimidasie en sabotasie gaan vandag weer voort by Eskom se kragsentrales. Hierdie voorvalle bedreig die bestendigheid van ons kragvoorsiening,” het Phasiwe gesê.

Die kragvoorsiener het ook laat hoor dat beurtkrag oor die naweek hoogs waarskynlik is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

22 Kommentare

jongste oudste gewildste
Liberaal

Dit is die reg om die demokraties verkiesde meerderheidsparty die kans te gun om op hulle tyd te besluit of korrupsie in Eskom aangespreek moet word of nie. Eskom se direkteure is die onskuldige slagoffers van korrupsieversoekinge, en hulle regte om te werk en om vir nog en nog geld te vra moet volgens liberaal demokratiese waardes eerbiedig word.

Casper Labuschagne

Vyf fases van Afrika: 1) Donker vasteland. 2) Kolonialisme. 3) Bevrydingstryd. 4) Een man, een stem. 5) Een setlaar, een kragopwekker.

Michael

Net nog n bewys van hoe hopeloos die ANC regeer.

Casper Labuschagne

Ek skryf hierdie terwyl daar huidiglik beurtkrag in Moqhaka is. Nee, dit is nie bloot staatskaping nie, dit is postkoloniale verval. Postkoloniale verval kom voor as ‘n meritokrasie vervang word deur aanstellings op grond van politieke konneksies, geslagsgelykheid, regstellende aksie asook korrupsie in plaas van op meriete. Omdat ‘n meritokrasie opwaartse stukrag verleen, word die kurwe gevolg van ‘n bal wat in die lug opgegooi word en neem dit ‘n hoeveelheid tyd voordat die afwaartse kurwe al hoe steiler en sneller word. Staatskaping het bloot wat in elk geval sou gebeur het ietwat versnel en die pad van Eskom en… Lees meer »

KP

En die publiek soos bv Soweto skuld Eskom biljoene.