Beurtkrag: ‘Eskom skuld die publiek antwoorde’

Argieffoto

Die DA het Donderdagaand in ʼn sterk bewoorde verklaring sy misnoeë uitgespreek met die feit dat Fase 1-beurtkrag ingestel is. “Dit is ontstellend om die minste te sê,” het Natasha Mazonne, die DA se skaduminister van openbare ondernemings, gesê.

Mazonne het gesê duidelik het Eskom se wintergereedheidsplan gefaal. “Eskom moet dringend die publiek toespreek oor hoekom die beurtkrag nou nodig is, watter sabotasie plaasgevind het en waar, asook of beurtkrag nou weereens die norm gaan word.”

Mazonne meen selfs dat die huidige situasie waarin die land hom bevind ʼn direkte resultaat van staatskaping is. “Die ANC het vir jare toegelaat dat sy makkers en Guptas die lewensbloed uit die staatsentiteite suig.”

Sy beweer die finansiering vir dié entiteite is gesteel vir die persoonlike gewin van diegene wat politieke verbintenisse het. Sy meen betrekkings met reusesalarisse is uitgedeel aan mense sonder ervaring en nou betaal Suid-Afrikaners dubbel en dwars daarvoor.

“By Eskom het die staatskapingmonster hom só dik geëet hy wil bars. Die kragvoorsiener het ʼn reuseskuldlas en te veel werknemers wat hy nie kan bekostig nie – en heeltyd gaan die prys van elektrisiteit op en gewone Suid-Afrikaners kan dit nie bekostig nie. Suid-Afrikaners moet die las van die ANC se mislukkings dra, die koste van petrol, kos en vervoer verhoog merkbaar, en die daaglikse gesukkel net om te oorleef raak al moeiliker.”

Mazonne meen Suid-Afrikaners sal in 2019 ʼn geleentheid hê om vir ʼn party te stem wat al bewyse kon lewer dat hy Suid-Afrikaners se lewe verbeter.

Maroela Media het vroeër berig Fase 1-beurtkrag sal tot 21:00 Vrydag ook ingestel word, aangesien die nasionale kragnetwerk steeds nie herstel het ná Donderdag se protesoptrede nie.

Khulu Phasiwe, woordvoerder van Eskom, het gesê die kragvoorsiener was genoodsaak om beurtkrag vanaf 11:30 in te stel aangesien sy kragopwekkingseenhede voortdurend uitskop.

“Voorvalle van intimidasie en sabotasie gaan vandag weer voort by Eskom se kragsentrales. Hierdie voorvalle bedreig die bestendigheid van ons kragvoorsiening,” het Phasiwe gesê.

Die kragvoorsiener het ook laat hoor dat beurtkrag oor die naweek hoogs waarskynlik is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Liberaal ·

Dit is die reg om die demokraties verkiesde meerderheidsparty die kans te gun om op hulle tyd te besluit of korrupsie in Eskom aangespreek moet word of nie. Eskom se direkteure is die onskuldige slagoffers van korrupsieversoekinge, en hulle regte om te werk en om vir nog en nog geld te vra moet volgens liberaal demokratiese waardes eerbiedig word.

AntiLiberaal ·

Ek sien “liberaal” probeer sy/haar truuks op paar van Maroela berigte…. val ook nie daarvoor.

Casper Labuschagne ·

Vyf fases van Afrika: 1) Donker vasteland. 2) Kolonialisme. 3) Bevrydingstryd. 4) Een man, een stem. 5) Een setlaar, een kragopwekker.

Casper Labuschagne ·

Ek skryf hierdie terwyl daar huidiglik beurtkrag in Moqhaka is. Nee, dit is nie bloot staatskaping nie, dit is postkoloniale verval. Postkoloniale verval kom voor as ‘n meritokrasie vervang word deur aanstellings op grond van politieke konneksies, geslagsgelykheid, regstellende aksie asook korrupsie in plaas van op meriete. Omdat ‘n meritokrasie opwaartse stukrag verleen, word die kurwe gevolg van ‘n bal wat in die lug opgegooi word en neem dit ‘n hoeveelheid tyd voordat die afwaartse kurwe al hoe steiler en sneller word. Staatskaping het bloot wat in elk geval sou gebeur het ietwat versnel en die pad van Eskom en feitlik alle ander staatsondernemings is vinnig ondertoe. Dit kan slegs reggestel word deur weereens ‘n streng meritokrasie in te stel, iets wat ‘n geruime tyd sal duur en wat ook die oorvol gesalariseerde soustrein totaal sal ontspoor. Een van die antonieme van meritokrasie is kakistokrasie – regering deur die heel slegste en mees onbevoegde mense – klink dit dalk bekend?

jean ·

Sê jy Casper!…en nou is die ou Guptas ook weer in die gesprek….en die sit nog in weelde en geen woord word gesprak. En jy kan stem vir wie jy wil Mazonne…niks kan meer herstel word nie nie…

Beweging ·

Mmusi, waar’s jou tweet oor die absoluut incompetency van dié plek? of tweet jy net as jy rassisties kan wees?

jean ·

Ag @Beweging….Mmusi is meer bek as binnegoed…….die einde van die DA is op hande…nie dat hul ooooit regtig iets kon doen.

stagnasie ·

hy tweet net as daar iemand is way namens hom kan skryf.

Maggie ·

Daar is van 2000 af reeds byna 15Biljoen vir Soweto alleenlik Afgeskryf.. Hoeveel nog vir die ander swart areas.. en hulle word ook nie deur beurtkrag geteiken nie,, slegs blanke woonareas. Uitstaande fondse van verskeie munisipaliteite beloop ook biljoene rande, en dit word ook afgeskryf. Nie eens te praat van die onwettige koppelinge nie.. hoeveel krag gaan daarmee heen.. Ons Blankes moet altyd vir die gelag betaal.. Die nuwe kragstasie in Ellisras moes al 5jaar gelede ten volle in werking gewees het. Slegs een eenheid is in werking, die ander sal skynbaar so teen 2020 gereed wees.. 10 jaar NA die aflewerings datum !! Nee wat ons land in in totale verval met die “nuwe regering”

Net ek ·

Die krag stasie by Rooihuiskraal het 5 jaar laas gewerk want daar is nooit geld vir herstel werk, maar raai wat? Groot kokedore daar trek nogsteeds salaris ..

Suzette ·

Hierdie beurtkrag is maar net eskom wat probeer om die land te dwing om toe gee aan die 19% verhoging, want hulle weier om die begroting wat vir bonusse geallokeer is vir opgradering ens te gebruik. Hulle het genoeg geld

Linda van Mosselbaai ·

Dominoes
Ek kry krag van sommer direk van die paal voor die huis verniet
Ek betaal vir die Munisispaliteit – hulle betaal nie vir Eskom nie
Nou is die geldpot van Eskom leeg
Jan Publiek is “fedup” Ons kan nie meer betaal vir krag as vir kos nie.
Jan Publiek maak planne – al meer gaan van die “grid” af – so Eskom se geldpot word geraak.
Nou word daar beurtkrag ingestel – weer word die geldpot geraak.
Een van die dae gaan die boom van daai pot helemal leeg wees – of is dit al so – het die boom uitgeval?

Cor ·

Lyk nie of daar iets aan die staatskapers eksdom en kie se plunderaars gedoen word nie. Die howe gee alles terug want die NVG het nie hulle huiswerk gedoen of dal moedswillig dit so gedoen. Nou moet ons weer en weer betaal en so sal dit aangaan tot by die Wederkoms. Ek verstaan daar is ook n versoek dat ons met kragopwekkers moet tegistreer sodat hulle ons kan belas. Die sogenaamde inspekteurs sal nie in die informele woonbuurtes gaan nie te bang.

Joshua ·

Ramaphosa preek net oor apartheid, ,Malema dreig blankes en so karring hierdie 2 onbevoegde clowns elke dag aan terwyl die ANC regime se BEE rassisme hierdie land laat ondergaan-pateties verby.

Alida ·

As Eskom verslag lewer op TV kan ons dit nie sien nie die krag is af. What a joke.

John ·

11 uit 10 Suzette. Eskom speel sy ou speletjie vir meer geld en gebruik die kinders om die vuilwerk te doen… en ja die sokker wat so onderbreek word en die winterkou help om die spyker diep in die doodskis te dwing. En volgende maand glimlag die base oor hul bonusse en die klase kan dan darem ‘n bier of twee meer koop. Hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde… ek het dit nie uitgedink nie… die ANC het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.