Beurtkrag: Fase 4 duur Donderdag voort

Die afgelope paar dae se koue weer het verdere druk op die kragnetwerk geplaas. (Foto: Phando Jikelo/ANA)

Suid-Afrikaners moet hulle staal vir nog ʼn dag van beurtkrag.

Eskom het Woensdagaand aangekondig fase 4-beurtkrag duur Donderdag weens ernstige opwekkingsprobleme van 08:00 tot 22:00 voort.

Onbeplande instandhoudingswerk asook bykomende aanvraag weens die afgelope paar dae se koue weer plaas volgens die kragvoorsiener groot druk op die netwerk.

“Beurtkrag sal deur die week voortgesit word terwyl Eskom-spanne onophoudelik werk om soveel as moontlik van die eenhede weer in diens te stel.”

Terwyl fase 2-beurtkrag vroeër vandeesweek aanvanklik gegeld het, is Woensdag na ʼn hoër fase oorgeskakel.

“Die beurtkrag is nodig om die noordreserwes te bewaar en aan te vul, terwyl die bestendigheid van die kragnetwerk verseker word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

DieKriek ·

Baie eienaardig dat so baie eenhede gelyk breek (al was daar min onderhoud) en dat daar wel krag is voor 8 uur in die oggend. Daardie tyd is waar almal ketels kook en stort om reg te maak vir werk. Plus, dis koud en donker, so al die ligte aan met verwarmers ook. Maar dis Suid Afrika dié.

Tjom ·

Dink vir n slag en wees dankbaar vir 2 redes: voor 8 is seker geprioritiseer vir huishoudings wat juis krag nodig het voor werk/skool en meeste besighede wat krag gebruik is eers na 8 oop.

DieKriek ·

Tjom, hoekom so mislik? Ons is goed dankbaar – dis net baie, baie snaaks dat almal gelyk krag kan gebruik voor 8 uur en daar is genoeg, maar nie vir die res van die dag nie. Krag is nie soos n dam water wat jy kan opgaar tot jy dit wil gebruik nie.

Johann ·

Blah blah blah…… ek is seker hulle “copy paste” al hulle mesda verklarings. Voetsek Eskom, Voetsek ANC.

Persheks Adri ·

Pateties verby om die minste te sê! Doen julle werk waarvoor julle betaal word genade tog is dit so moeilik? Elke keer as dit as so koud is! My betaling gaan ook onstabiel raak soos julle

#Tsek Eskom tsek ons is gatvol vir patesiese dienste!!!

annie ·

Is dit deel van ‘n geheime plan van aksie om atoomkrag af te dwing? Mnr Cassim, is in die plek van die vorige karakter aangestel wat roekeloos te werk gegaan het en die nuwe expert stel ‘n magtige verhoging in tariewe voor. Eskom het ook ‘n nuwe silwerblink baas. Niks verander by Eskom nie buiten dat dit meer miljarde eis en groter skuld het… en steeds 47 000 werknemers met moeviese salarisse,

Piet ·

Ek is al so moeg vir die Eskom-storie. Swak PR wat almal op hol jaag. Ons weet mos nou dat hulle vir die volgende 18 maande aan die eenhede gaan werk om alles weer op standaard te kry. Al wat hulle moes gedoen het van die begin af, is om te se dat ons vir die volgende 18 maande ELKE DAG fase 2 kragonderbrekings kan verwag. Jy kan dan jou dagtaak volgens die skedule beplan. Natuurlik sal dit nie nodig wees om elke dag die krag te sny nie maar almal weet wat om te verwag en daarvolgens te beplan. Hierdie tussenin media verklarings elke keer as die netwerk oorlaai, is totaal en al onnodig en maak mense net meer knorrig.

Wilhelmina ·

Di kole is nat…nog nooit gehoor van n skuur of n afdak om kole in di weer droog te hou ni…dit is wat “buite werking” beteken…niks met instanhouding of iets te doen ni….

Jr ·

Wwwwwaaaasggggg vir dit. Wwwwaaaggg hier kom dit. ” STEENKOOL IS NAT. ” !!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.