Beurtkrag: Fase 5 weer terug

(Argieffoto: Unsplash)

Beurtkrag sal Maandag om 16:00 weer verskerp word tot fase 5.

Eskom sê hierdie fase sal in hierdie stadium tot Woensdag om 05:00 duur, waarna daar onbepaald na fase 4 oorgeskakel gaan word.

Die kragvoorsiener sê hy is gedwing om fase 5 in te stel nadat vyf opwekkingseenhede vroeër vandag die gees gegee het.

  • Hou Maroela Media dop vir enige verdere inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Amelia ·

Ag al moeg vir die beurtkrag stories Hoe veel opwekkings eenhede is daar as daar elke dag n eenheid die gees gee maar lyk nie of dit reg gemaak word nie elke dag selfde storie

Opinie ·

Amelia, “our people” weet nie van regmaak nie, hulle weet net van afsit (saboteer)

domheks ·

Ek dog dis Andre de Ruyter se skuld dat dat soooooooo baie beurtkrag fases was. Hoe dan nou met die nuwe besem…..

Gerhard ·

Nee wat, ek wil nie eers meer kommentaar hieroor lewer nie. Is die mense te vlak om te sien dat dit sabbotasie is?

Casper ·

Linda nou kan ‘n sekere minister nie meer André De Ruiter die skuld gee nie maar die betrokke minister sal nou moet pa staan en aan Ramapara verduidelik hoekom daar nie krag is nie.

Estie ·

” Nuwe ” besem selfde stofkolle, dis altyd iets of iemand anders se skuld behalwe die se skuld wat die kolle veroorsaak.

Heiner ·

Ek glo hierdie storie al lankal nie meer nie. Hoe gebeur dit dat daar altyd 5 of 4 eenhede op verskeie plekke in een dag/nag onklaar raak? Suig bietjie ‘n ander storie uit julle duim uit.

Papsak ·

Binne kort stik donkerte hulle kan en het nog nooit enige moeite vir die land gedoen nie hoekom sal hulle

Koen ·

Dink hulle ons is kinders. Altyd op ‘n Maandag word die goed afgesit.

Belinda ·

ons sal seker nooit weer die dae sien van geen loadshedding nie…

Belinda ·

Daai nuwe besem het ook hom gou kom help in die fondse – beste is om Eskom aan oorsese mense te gee wat nie so skelm is nie – maar ja gaan ook baie kos om Eskom weer EENDAG HOPELIK op die been te kry..

Ann ·

Ek is al so moeg vir dieselfde verskonings. Hierdie aan-af-aan-af werk nie vir my nie. Ek voel al soos ‘n kar wat se flikkerligte gereeld gebruik word.
Draai ons nou links of regs?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.