Beurtkrag: Fase weer aangepas

(Argieffoto: Johannes Plenio/pixabay)

Goeie nuus oor beurtkrag – Eskom het laat Sondagoggend aangekondig fase 1 geld vanaf 12:00 tot 22:00.

Fase 2 geld sedert Vrydag, nadat daar vroeër vandeesweek selfs na fase 4 oorgeskakel is.

Die kragvoorsiener het vroeër gesê beurtkrag word weer noodgedwonge in werking gestel om die noodopwekkingsreserwes aan te vul wat die afgelope week uitgeput is sodat daar vir die komende week voorberei kan word. Volgens Eskom was die netwerk onbetroubaar en kwesbaar.

Eskom het die afgelope week twee bestuurders by kragstasies geskors, oënskynlik in ʼn poging om groter aanspreeklikheid onder senior bestuurslui te verseker.

Die kragvoorsiener het gesê hy sal later verdere besonderhede oor die beurtkragvooruitsig vir die komende week bekend maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Persheks Adri ·

Moet ons julle nou bedank vir ‘n diens waarvoor ons betaal??? Was gister aand af en weer vanoggend dis so nie snaaks nie regtig! My betaling gaan ook onbetroubaar en wisselvallig raak. Ek gaan julle begin invoice vir my diesel vir my generator en tyd ongerief

Nico ·

Die twee bestuurders is natuurlik geskors met volle betaling, lekker nê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.