Beurtkrag gaan naweek voort  

(Foto: pixabay)

Eskom sal vandag om 09:00 fase 2-beurtkrag voortsit tot 06:00 Maandagoggend.

Dit kom nadat die kragvoorsiener Donderdag om 21:00 fase 2-beurtkrag begin toepas het en dit Vrydag om 06:00 eers gestaak het.

Volgens Eskom is beurtkrag gister toegepas weens druk op die kragnetwerk en sy noodhulpbronne wat uitgeput is.

“Ons het ons pompopgaarskemas en oopsiklus-gasturbines voluit gebruik deur die dag [Donderdag] ten einde kapasiteit aan te vul en ons moet dit nou oornag aanvul.”

Volgens Eskom is die kragnetwerk egter steeds onder erge druk en moet hy ook vandag drie eenhede van die netwerk haal vir instandhouding.

Teen 05:30 Vrydagoggend het onbeplande onderbrekings op 12 722 MW gestaan.

“Ons wil Suid-Afrikaners om verskoning vra vir die negatiewe impak wat beurtkrag mag hê. Ons wil die land graag verseker dat kritiese instandhouding gedoen word op eenhede wat weens onbeplande onderbrekings buite werking is sowel as op ander eenhede ten einde te verseker dat dit vinnig weer in diens is.”

Volgens Eskom sal hy die naweek gebruik om damvlakke vir sy pompopgaarskemas en diesel vir sy oopsiklus-gasturbines aan te vul.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Ewan ·

Iets wat Eskom duidelik nie verstaan nie…mens doen nie instandhouding op iets wat reeds buite werking is nie…dit noem mens herstelwerk. Herstelwerk en die onderbrekings is as gevolg van instandhouding wat nie gedoen is nie.

Jan Nel ·

Ek gaan die positiewe deel probeer sien. Vir die heel eerste keer klink dit of daar ‘n mate van eerlikheid is. Ons word vooraf gewaarsku en in kennis gestel van wat te wagte is en mens kan jou dag en naweek beplan. Dit is ten minste nie meer hierdie onsekerheid van gaan dit nou aan of af wees nie.

Emily ·

Is daar nerens mense wat die werk kan doen En weet wat hulle doen nie. Hoeveel mense sit met eise agv. yskaste, ens. wat oppak agv van die loeadshedding nie.
Nee regtig die in beheer kry helse salarisse en DOEN niks.
Dis soos dit gaan in ons liewe SA. Geen diens nie.

Wondermaarnet ·

Hoe doen hulle herstelwerk of instandhouding met onbevoegde mense?

Jannie van Niekerk ·

Goed Eskom ons aanvaar julle verskoning. Daar is egter ‘n voorwaarde: Vir elke uur wat ons nie krag het nie, wil m ons 100% korting op ons Eskom rekening hê.

Sage ·

Wat my totaal dronk slaan is dat daar kwansuis nie geld is nie maar het enige iemand anders al ook opgelet hoeveel Eskom karre al ewig iewers heen jaag? Ek praat nie van bakkies met toerusting en gereedskap op nie, dit is sedan motors. En moet vir geen oomblik dink dit is net beperk tot weeksdae en werksure nie. Word die motors gebruik vir privaat of werksdoeleindes? As jy met ‘n maatskappy motor ry sou daar dan tog sekerlik van jou verwag word om soos ‘n beskaafde mens te bestuur en die padreels te gehoorsaam. Dalk kan Eskom sommer op hierdie uitgawe begin bespaar en sorg dat mense onnodig geld mors en by die werk wees om hulle werk te doen. Beheer mense, kry beheer!!! Dis verregaande ons leef immers in die 20ste eeu!!! Hou op verskoning vra en begin deur te stop geld mors en raak ontslae van onbevoegde mense. Doen instandhouding dan sal dit nie nodig wees vir die hele land om te sukkel met beurtkrag en die skades wat as gevolg daarvan gelei word nie.

Stefan ·

Ons het ‘n fietsry groepie wat elke Sondag ‘n roete ry, een van die ouens ry 2x40km met sy voertuig om aan te sluit.
Op my vraag of daar nie groepies is wat nader by sy huis begin nie en of dit vir hom die moeite en onkoste werd is om so ver te ry om met ons saam te ry antwoord hy laggend: nee man, dis eskom se voertuig en laat hulle maar betaal!

Jannie van Niekerk ·

Noiudat jy daarvan praat, ek sien dit ook gereeld en ek is elke dag op die pad.

Niklaas ·

Daar moet tog sekerlik ‘n oplossing wees , of gaan dit nou permanent so wees ? Wat van privatisering of sal die ANC nie daai houvas op Eskom wil prysgee nie ? Mooi beloftes of verskoning aanbied , help nie vir altyd nie.

Leonie ·

Ai maar hulle is useless. Ons betaal vir wat??? Eskom moet privatiseer dan sal dit hopelik beter gaan. Swak kwaliteit steenkool is aangekoop seker by een van die base se pelle teen ‘n helse bedrag en nou moet die res van SA suffer as gevolg van hulle onnoselheid.

Marius ·

Solank eskom besef daar is baie sport op die naweek – maar ek twyfel baie sterk .

H U G O ·

Teen ‘n tempo van 14 liter diesel per sekonde, snel ons nou voort tot totale ineenstorting.
As deel van Andre de Ruyter se plan nie is om:
A) onbekwame en oortollige personeel summier onslae te raak
B) opgeleide personeel aan te stel
C) herstruktureling en herstel van Eskom
is ek bevrees is sy aanstelling van geen waarde, en gaan die massas net voort om te stroop, terwyl ons meer gaan betaal.
Soos dinge nou staan, is die staatskas leeg, en die vinnigste manier om dit bietjie te vul is om BTW te verhoog. Trek maar die gordel bietjie stywer, 2020 gaan ‘n riller wees.

johan ·

So bestuur ESKOM die ekonomie en die land in die afgrond in. Die rand se verswakking is duidelik bewys van ons land se verval.

Cherokee ·

..en dàn? Wat gebeur na Maandogoggend om 6vm? As beurtkrag nou nodig is, waarom sal dit nie nodig waas daarna nie? Wat ‘n klugspul.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.