Beurtkrag gaan voort die week

Argieffoto

Eskom het aangekondig dat fase 2-beurtkrag tot minstens Donderdagoggend toegepas sal word.

Hoewel beurtkrag onvermydelik is, sal ons poog om nie tussen 06:00 en 09:00 beurtkrag toe te pas nie in ʼn poging om die uitwerking daarvan op spitsverkeer te verminder, het die kragvoorsiener gesê.

Fase 2-beurtkrag het die hele naweek gegeld en sal vanoggend om 06:00 tot ʼn einde kom en dan weer 09:00 begin. Dit sal minstens tot Donderdag 06:00 duur.

Volgens Eskom was onbeplande onderbrekings 11 831 MW teen 17:00 Sondag. “Hoewel goeie vordering gemaak is om water aan te vul vir ons pompopgaarskemas, het ons nog nie ten volle diesel aangevul vir ons oop-siklus gasturbines nie.”

Eskom het gesê hy sal voortgaan om die kragnetwerk dop te hou en gereeld terugvoer gee in die verband.

“Ons is spyt dat beurtkrag ʼn negatiewe impak op die land het. Kritieke instandhouding word gedoen op eenhede tydens beplande onderbrekings sowel as op eenhede tydens onbeplande onderbrekings ten einde die eenhede weer aan die gang te kry.”

André de Ruyter, nuwe uitvoerende hoof van Eskom, en Jan Oberholzer, bedryfshoof, het Vrydag in Megawatt Park in Johannesburg ʼn kwartaallikse oorsig oor die kragnetwerk gegee.

Die Eskom-raad het ʼn nege-punt-plan goedgekeur om die entiteit se kragopwekkingsvermoë te verbeter en ʼn stabiele kragnetwerk te verseker.

Ten einde dié plan in werking te stel, sal egter beteken dat Suid-Afrika vir die volgende 18 maande steeds beurtkrag sal ervaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Stefan ·

Hierdie 9 punt plan, sluit dit weer hoër as inflasie loonsverhogings in? Anders gaan daar nog stakings wees ook!

Anel ·

En so word betalende mense se lewens om vêr gegooi en die nie betalers lag vir ons, bedoelende plekke soos Soweto, wat Eskom gyselaar hou.

Jr ·

Storie van afrika ( geen hoofletter want juffrou het gesê net belangrike dinge kry hoofletters ) lig nie die standaard bring hom af na ons standaard

isabelle ·

jong dit beinvloed die besighede en die tyd is min by die werk

Snowball ·

Churchill se siening van sosialisme: “It is a philosophy of FAILURE; the creed of IGNORANCE and the gospel of ENVY, its inherent virtue is the equal share of MISERY.
En is ons nie nou al lekker besig met die EQUAL SHARE OF MISERY nie, hê ou Eskom?

Naas ·

Vandat de Ruyter by Eskom aangstel is gaan dit net al hoe slegter. Dit is duidelik dat hy geen plan het nie.

Smurf ·

Dit is n freeken pyn ! As daar beurtkrag is het ons n dag daarna gladnie water in die dorp nie omdat die reservoirs nie gevul kon word nie beurtkrag = geen water !

Emily ·

Regtig, Hoekom moet ons lei onder Swak bestuur, Geen Instandhouding ens. ens.
En lig julle uit julle gemak stoele en gaan kyk Hoeveel straat ligte brand heeldag en hoeveel lee geboue se ligte brand.
En tog moet ons net aanhou betaal.
Wie betaal vir ons Huis toestelle wat gereeld oppak agv. Julle Loadshedding.

Nette ·

Ons het glad nie LOAD SHEDDING nie ons krag word sommer elke 4 ure afgesit…

Cecilia ·

Asof dit net die verkeer is wat beïnvloed word!!! Ons mense op die platteland het geen water as beurtkrag toegepas word nie. Hoe kan jy werk toe gaan sonder om te stort? Eskom hou die land gyselaar om te kry wat hulle wil hê. Ons pensioenfondse wat ons jare lank voor gewerk het… So ons gaan op ons oudag kripeer agv Eskom…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.