Beurtkrag gaan voort; Eskom skerp gekap

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Eskom sal Donderdag weer fase 2-beurtkrag toepas weens ʼn verlies aan opwekkingsvermoë.

Dit kom nadat Eskom Woensdag weer die eerste keer in hoeveel maande beurtkrag begin toepas het. Fase 2-beurtkrag sal weer van 09:00 tot 23:00, soos wat die geval Woensdag was, toegepas word.

Dit is weens ʼn “tekort aan kapasiteit weens ʼn aantal opwekkingseenhede wat steeds uit diens is weens meganiese probleme”.

Eskom het verbruikers gevra om daarop te let dat sommige gebiede langer kan vat om herstel te word nadat beurtkrag toegepas is.

“Indien verbruikers vir langer tydperke as aangekondig kragonderbrekings ervaar, moet hulle hul verskaffer (Eskom of die plaaslike munisipaliteit) nader aangesien dit ʼn plaaslike kragonderbreking kan wees.”

Eskom het verbruikers om verskoning gevra vir die ongerief nadat hy gister uit talle oorde skerp gekritiseer is vir die herinstelling van beurtkrag.

Die VF Plus het gesê dit is onaanvaarbaar dat Eskom die moontlikheid van beurtkrag ontken het toe vrese hieroor verlede maand aan die lig gekom het.

“Hierdie oneerlikheid oor ʼn uiters ernstige aangeleentheid is onrusbarend en die vraag kan tereg gevra word wat die ware omvang van die kragprobleem is,” het Wouter Wessels, die party se hoofwoordvoerder oor openbare ondernemings, gesê.

“Die publiek is duidelik mislei oor die erns van die probleem en diegene wat hiervoor verantwoordelik is, moet verantwoording doen en aanspreeklik gehou word vir die oneerlikheid. Die omvang van die skade aan Suid-Afrika se ekonomie is onmeetbaar.”

Die DA het Eskom gewaarsku om nié beurtkrag te misbruik as ʼn onderhandelingswapen vir meer geld nie.

Dit kom nadat Eskom Vrydag aangekondig het hy gaan hof toe oor die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) se jongste besluit oor kragtariewe.

Natasha Mazzone, die DA se woordvoerder oor openbare ondernemings, het gesê Eskom het Suid-Afrikaners nog verlede maand verseker dat geen beurtkrag vir September en Oktober beplan word nie.

“Dít nadat die DA munisipaliteite gewaarsku het teen die moontlikheid van beurtkrag. Eskom het ʼn leë dop geword en is glad nie in staat om betroubare en volhoubare energie te verskaf nie. Hy kan bloot nie die ligte aanhou nie.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

JC ·

Dit is vir my heel toevllig dat die metodiek wat deur Eskom gevolg word, op ‘n haar grens aan die Enron skandaal in Amerika ‘n paar dekades terug. Die selfde, oneerlike, prosedure is in plek gewees om die Kaliforniese publiek te roof van hulle hard verdeinde salaris, gaan lees dit gerus. Daar is ook ‘n film weergawe maar die naam ontgaan my. Die wesenlikke verskil is dat daardie mense wel metter tyd aan die pen gery het. Hier in Suid Arika, is daar geen moontlikheid dat dit gaan gebeur nie. ‘n Absolute skande, maar wat sal ek en jy, die gewone man op straat tog kan doen teen ‘n regerings beskermde instansie wat elke “Boetie” van die bevrydingstryd geld instop en beskerm.

Schalk ·

JC die fliek se naam is Enron. The smartest guys in the room. Nogal ooreenstemmend

Suzie ·

Eskom kan nie die ligte aanhou nie maar die STRAATLIGTE brand heeldag.

Jerry B ·

Verkoop maar aan die Chinese en laat hulle dit regruk. SA het ongelukkig nie die vermoeè of geld nie.

Gemaskerde Sopbeen ·

Dis wat gebeur is hopeloos teveel mense hopeloos teveel geld kry vir hopeloos te min werk!!

Swerwer ·

Stem met jou G Sopbeen. ANC sal eerder als ongedaan maak,as om te veel mense af te dank,want dis aan hulle belowe in 94!! Eskom,Staatsdiens het duisendeeee te veel in diens. My land brand..ons is lankal n Zim!! Solank as wat Staats menere elke maand sy onverdiende salaris kry…gaan hulle net aan!

Anoniem ·

Regtig en so staan die president en belieg die buiteland sonder om ‘n oog te knip. Lieg kan hulle baie goed doen.

Gertjie ·

Hulle is almal gewoonte-leuenaars, en hulle word deur hul onder bewussyn gedwing om gedurig stories op te dig om hulle gewoonte te voed.

AndrewL ·

Net weer om te wys hoe nodig ‘n verhoging in krag tariewe is. Eish!

KAKtus ·

Ek se net, as Faf weer so gaan skop Sondag dan is die springbokke se ligte ook af.

PJ ·

Ons moenie vergeet dat zuma ons huidige president destyds toe ramapadda onder president was aangestel was om eskom reg te ruk nou ja lyk my ou ramapadda eskom gaan dood ruk het dood geruk hè hè hè

Gemaskerde Sopbeen ·

Dis wat gebeur wanneer hopeloos teveel mense hopeloos teveel kry vir hopeloos te min werk….

Spook op thaba ·

Gaan vandag n gasstoof en ligte wat met sonkrag werk koop. Yskas en vrieskas laat oorskakel om met parrafien te werk. En spaar vir sonpanele

Fielies ·

Doen dit Spook. Maar gin niks parrafien goete nie want daaroor het hulle ook beheer en jy gaan straks R30 betaal vir n liter parafien. Ons hele huis loop op Solar met gas stoof en alle beligting is LED geen probleem, geen eishkom.

Piket. ·

Hierdie “beurtkrag ” moet net gesien word hoe ongelooflik onstabiel en onkapabel
eskom geword het om sy funksie te vervul. En die betalers moet nog steeds die nie betalers dra.
Vir hoelank nog?
Soweto R 17 miljard agter?
Hoe gaan dit ooit regkom?
Nou wil hulle ons herhinner hoe ons gaan sukkel as on nie die drastiese verhoging goedkeur nie!

Anoniem ·

Ek stem heelhartig saam. Om wie te bevoordeel? Soweto en die ander wat wil klippe gooi as daar nie dienslewering is nie, maar dié mense wat opgevoed is moet maar hoes!! En dan is daar net 21 uit oor 100 van die topmense by Eskom wat bereid is dat hulle geldsake ondersoek word, die res weier… IETS MOET DRASTIES GEDOEN WORD, WANT SO KAN ONS NIE MEER LEWE NIE!!

Maljan ·

Bo en behalwe Soweto, watter is nog Nie betalende munisipaliteite? Diepsloot? Langa? Nyanga? Thembisa? As Eskom sedert die begin van vooruitbetaalde krag self krag aan die publiek verkoop het sonder middelmanne, was hulle nie nou in …str nie. Beurtkrag is net n onderhandelswapen in die hande van Eskom. Daar is meer as genoeg krag om in al SA se behoeftes te voorsien en om uit te voer. Hulle sal paar moet groei en sommer n ‘spare’ ook en die niebetalers afsny. Die kragdiewe arresteer en die betalers beloon met goeie volhoubare toevoer.

Jakes ·

Ek werk die afgelope 5 jaar in Hamanskraal. Daar was nog nooit enige beurtkrag en die straatligte brand dag en nag

Siener ·

Die regering moet verantwoordelik gehou word. Hoeveel miljoen illegal immigrante is tans in SA die laaste jaar of twee? Elkeen gebruik ook seker ‘n liggie of krag. Sonder hulle hier sal Ekom genoeg kappasiteit hê vir ons eie mense. Probleem opgelos

JV ·

Is dit bloot toevallig? Die vorige 3 of 4 keer wat beurtkrag toegepas is, was elke keer net na NERSA hulle aansoek om tariefverhoging afgekeur het. Escom is juis tans besig om NERSA hof toe te vat omdat NERSA nie hulle laaste tariefverhoging aansoek goedgekeur het nie. Ek wonder maar net.

Jan ·

Dis waar , en beurtkrag gaan skielik November reggestel wees, sodat hulle hulself kan prestasie bonuses kan betaal .

Matriek eksamen ·

Eskom is soos kinders … en daar is altyd n probleem by Mudipi Kragstasie … dank die onbevoegde kinders af en stel grootmense aan,

Schalk ·

En waar is Pravin Gordan en die spesiale afgevaardigde kommisie nou? Soos al die vorige kommisies net besig om geld te oes.
Dit is soos al die ander instansies ‘n klug. Eskom , SAL , SAUK alles spreek korrupsie en onbevoegdheid en die belasting betaler finansier die spul sonder seggenskap.

D B ·

Natuurlik soek hulle meer geld, almal weet dit, want dis mos die antwoord vir al hulle probleme…mense, die probleme by Eskom is baie groter as ‘n tekort aan geld of korrupsie…ons is op die randjie van die afgrond, en niemand wat tans in beheer is kan of gaan ons red nie…Zimbabwe, hier kom ons.

Jerry ·

Hoe die DA en VF vir ESKOM kan kap sonder om die ANC regering ook te kap wie vir die gemors by ESKOM verantwoordelik is en nog self niks gedoen het om van die onregmatige botallige aanstellings en van die onbevoede raad ontslae te raak nie, gaan die verstand te bowe. Dit lyk nie of die VF en DA enige daadwerklike aksie van stapel kan stuur om die ANC regering en hulle president tot orde te bring nie! Terwyl dit dan nou die geval is en die ANC reken dat hulle verbruikers gyselaar kan hou met ESKOM, dan moet verbruikers “ESKOM must Fall” alternatiewe energie veldtogte begin loods totdat die ANC vir ESKOM noodgedwonge sal moet sluit. Om so aan te hou aankarring met die ANC en ESKOM speel in die hande van die ANC. “Break the shackels of ESKOM, and you break the POWER of the ANC”!

Moedeloos ·

Ek sal graag wil weet by watter kragstasies die probleme is, dan kan mens uitvind of hulle lieg of nie. Al kragstasie wat genoem word is Medupi. Die tube leaks is absoluut agv geen “maintenance” (Afrikaanse woord ontgaan my nou).

JK ·

Toe die DA ‘n week gelede daaroor gepraat het, het almal gese hulle weet nie waarvan hulle praat nie

Gert van Wierdapark ·

Sit die Kragdwergie se ligte af, sluit die deure, en gooi die sleutel weg!

Maljan ·

Bo en behalwe Soweto, watter is nog Nie betalende munisipaliteite? Diepsloot? Langa? Nyanga? Thembisa? As Eskom sedert die begin van vooruitbetaalde krag self krag aan die publiek verkoop het sonder middelmanne, was hulle nie nou in …str nie. Beurtkrag is net n onderhandelswapen in die hande van Eskom. Daar is meer as genoeg krag om in al SA se behoeftes te voorsien en om uit te voer. Hulle sal paar moet groei en sommer n ‘spare’ ook en die niebetalers afsny. Die kragdiewe arresteer en die betalers beloon met goeie volhoubare toevoer.

Anre ·

Ons moet krag spaar maar TSHWANE se kantore in Sinoville brand dag en nag!!!!!!!!!
Kan die DA nie ondersoek instel nie ons moet almal saamwerk maar dit lyk my dit geld net vir die wittes!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Miekie ·

Wat van die matrieks wat gister begin het met die eindeksamen. Van hulle het die hele jaar hard gewerk en nou laat Eskom hulle in die duister. Ek dink dit is pateties van Eskom

Oom Jaco ·

En vandag se vraestel is Inligtingstegnologie prakties. Vraestel begin 09:00… Potchefstroom beurtkrag: 09:00 tot 12:30!

Kriek ·

Net 7% van my Eskom rekening is vir werklike kraggebruik. Die res is net omdat ek op hulle netwerk is, of ek nou krag gebruik of nie. Dít is roof.

Linda ·

Hierdie beurtkrag wat nou toegepas word is om die Suid-Afrikaanse verbruikers te BOELIE, sodat Eskom hul tarriewe die hoogtes kan opstoot. Tyd dat almal opstaan en hul se se !!!

Arsène Lupin ·

Dankie Eskom – Sondag gaan ons moontlik NIE die rugby kan kyk as stage 2 geimplimenteer wordnie – baie baie dankie

Dewald ·

Is beroepsport op Sondae nie eintlik verkeerd nie? Amper soos om inkopies te gaan doen?

TK ·

Al hoop is om Eskom aan die Chineese te verkoop. Hulle sal geen stakings duld nie, en in elk geval van die hele werksmag ontslae raak en hulle eie mense invoer wat die ligte sal aan hou teen ‘n 10de van die prys. Ek is denitief nie ‘n voorstander van hulle nie, maar hulle het ‘n ongelooflike werksetiek, en it is al wat Eskom nou nodig het; en o ja, breinkrag wat ook tans kort!

Onbekostigbaar ·

Ek kan nie glo hulle wil dit weer verhoog die tariewe nie. Dis al dubbel wat my salaris verhogintjie was die jaar wat reeds onder die inflasiekoers is. Hoe kan hylle daarmee wegkom, wie gaan ons as verbruikers en getroue betalers help?

Sonkrag bly die oplossing maar dis ongelooflik duur

Pieter ·

Die ANC worrie oor krag ek wil sien waar gaan hulle water kry hulle is mos slim al ons damme en riviere is een groot gemors net soos die wat die land regeer die natuur sal met hulle werk

Ruiklont ·

Nie voor ontslae geraak word van kaders en droë hout nie, kan Eskom nie voortbestaan nie. ‘n Voorbeeld moet genaak word van die plunderaars en vêr weg gebêre word. Beslag moet gelê word op hul bates asook pensioene

se net ·

Dalk moet ons regering maar n verbod sit op enige elektriese ware in ons huise. Dalk sal hul dan genoeg krag verskaf. (n grap)

Ja ne ·

Ons sal ons fone moet gaan charge in Soweto..daar is dit gratis….
#dontlooktoowhite

Johannes ·

Hou op kla, dis die Suid -Afrika waaarvoor julle gestem het! Dit gaan NOOIT verander nie! Raak realisties outjies!

Pieter ·

Stem en ons blankes wil ook nie standpunt in neem nie so hou op kla

Andre ·

Eskom kan bloot die kraguitvoere na Mosambiek en Zimbabwe (waarvoor daar in elk geval nie betaal word nie) staak en ons sal oorgenoeg elektrisiteit hê. Mense julle betaal nie net vir die wanbetalers in SA nie, sommer vir die buurlande ook.

Diefie ·

Jy kan nie eers Eskom bedank vir sy diens nie, want daar is geen diens nie.

Nols ·

Ai. Die toekoms lyk alweer donker. Ons sal moet BEWEEG om lig te kry.

@DEWALD ·

@Dewald – Het Jesus nie gesterf om ons vry te koop van die wette van die ou testament nie? En val die Sabbat nie eintlik op ‘n Saterdag nie?

Anje ·

Stel net die regte mense aan sonder om na hul ras te kyk en maak Soweto betaal vir hul skuld., Dis SO maklik… maar ons weet mos die voorhandliggende oplossings word oorgesien elke liewe dag in elke liewe area van ons samelewing ..

Jakes ·

Ek werk die afgelope 5 jaar in Hamanskraal. Daar was nog nooit enige beurtkrag en die straatligte brand dag en nag

Erg Realities ·

Kyk Chernobyl op showmax, dan sal jy Eskom verstaan. Bly eks vêr van Kaapstad die dag wanneer die kader die AS5 knoppie druk daar.
Soos die hoofkarakter getuig” every lie we tell incurs a debt to the truth and one day the truth has to be paid”

Rokfugbie ·

Darem een ou ligpuntjie waarmee Eskom beloon kan word en dis om hopelik die spul se belaglike bal-afgotjie van die skerm af te hou.

Lou ·

Eskom se kapasiteits probleme is die direkte gevolg van hulle hardkoppige volharding met EE aanstellings oor die laaste klomp jare. Hulle sit met ‘n enorme werksmag waarvan die meeste nie genoeg kennis en ondervinding het nie. Voorheen was een van die ses eenhede by ‘n kragstasie altyd “af” om herstelwerk te ondergaan. Die eenhede wat afgesit is het roteer sodat elke eenheid ‘n beurt gekry het vir herstel en instandhouding. Deesdae brand al ses daai liggies by die krastasie en hulle ry hom totdat iets breek. Daar is geen beplande instandhouding meer nie. As dit breek dan kom hulle maar met een of ander flou verskoning vorendag om die publiek te paai. En niemand moet tog vir CR die skuld gee nie dan vervies hy hom bloediglik soos nou anderdag in sy vrae sessie in die Parle(sirkus)ment

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.