Beurtkrag gaan voort; Eskom skerp gekap

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Eskom sal Donderdag weer fase 2-beurtkrag toepas weens ʼn verlies aan opwekkingsvermoë.

Dit kom nadat Eskom Woensdag weer die eerste keer in hoeveel maande beurtkrag begin toepas het. Fase 2-beurtkrag sal weer van 09:00 tot 23:00, soos wat die geval Woensdag was, toegepas word.

Dit is weens ʼn “tekort aan kapasiteit weens ʼn aantal opwekkingseenhede wat steeds uit diens is weens meganiese probleme”.

Eskom het verbruikers gevra om daarop te let dat sommige gebiede langer kan vat om herstel te word nadat beurtkrag toegepas is.

“Indien verbruikers vir langer tydperke as aangekondig kragonderbrekings ervaar, moet hulle hul verskaffer (Eskom of die plaaslike munisipaliteit) nader aangesien dit ʼn plaaslike kragonderbreking kan wees.”

Eskom het verbruikers om verskoning gevra vir die ongerief nadat hy gister uit talle oorde skerp gekritiseer is vir die herinstelling van beurtkrag.

Die VF Plus het gesê dit is onaanvaarbaar dat Eskom die moontlikheid van beurtkrag ontken het toe vrese hieroor verlede maand aan die lig gekom het.

“Hierdie oneerlikheid oor ʼn uiters ernstige aangeleentheid is onrusbarend en die vraag kan tereg gevra word wat die ware omvang van die kragprobleem is,” het Wouter Wessels, die party se hoofwoordvoerder oor openbare ondernemings, gesê.

“Die publiek is duidelik mislei oor die erns van die probleem en diegene wat hiervoor verantwoordelik is, moet verantwoording doen en aanspreeklik gehou word vir die oneerlikheid. Die omvang van die skade aan Suid-Afrika se ekonomie is onmeetbaar.”

Die DA het Eskom gewaarsku om nié beurtkrag te misbruik as ʼn onderhandelingswapen vir meer geld nie.

Dit kom nadat Eskom Vrydag aangekondig het hy gaan hof toe oor die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) se jongste besluit oor kragtariewe.

Natasha Mazzone, die DA se woordvoerder oor openbare ondernemings, het gesê Eskom het Suid-Afrikaners nog verlede maand verseker dat geen beurtkrag vir September en Oktober beplan word nie.

“Dít nadat die DA munisipaliteite gewaarsku het teen die moontlikheid van beurtkrag. Eskom het ʼn leë dop geword en is glad nie in staat om betroubare en volhoubare energie te verskaf nie. Hy kan bloot nie die ligte aanhou nie.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

60 Kommentare

jongste oudste gewildste
JC

Dit is vir my heel toevllig dat die metodiek wat deur Eskom gevolg word, op ‘n haar grens aan die Enron skandaal in Amerika ‘n paar dekades terug. Die selfde, oneerlike, prosedure is in plek gewees om die Kaliforniese publiek te roof van hulle hard verdeinde salaris, gaan lees dit gerus. Daar is ook ‘n film weergawe maar die naam ontgaan my. Die wesenlikke verskil is dat daardie mense wel metter tyd aan die pen gery het. Hier in Suid Arika, is daar geen moontlikheid dat dit gaan gebeur nie. ‘n Absolute skande, maar wat sal ek en jy, die… Lees meer »

Suzie

Eskom kan nie die ligte aanhou nie maar die STRAATLIGTE brand heeldag.

Gemaskerde Sopbeen

Dis wat gebeur is hopeloos teveel mense hopeloos teveel geld kry vir hopeloos te min werk!!

Anoniem

Regtig en so staan die president en belieg die buiteland sonder om ‘n oog te knip. Lieg kan hulle baie goed doen.

AndrewL

Net weer om te wys hoe nodig ‘n verhoging in krag tariewe is. Eish!