Beurtkrag geld dalk weer Donderdag

(Argieffoto: Mazhar Zandsalimi/Unsplash)

ʼn Vervoerband wat steenkool na die Medupi-kragsentrale neem het die gees gegee, wat volgens Eskom nou die kans op beurtkrag verhoog.

Beurtkrag is Woensdag opgeskort nadat dit etlike dae lank gegeld het.

“Dit beteken die vier opwekkingseenhede in diens kan nie vereiste hoeveelheid steenkool hanteer wat benodig word om elektrisiteit op te wek nie,” lui ʼn verklaring van Eskom.

“Dit plaas verdere druk op Eskom se vermoë om krag oor die volgende 24 uur te voorsien.”

Eskom sê sy spanne werk onophoudelik om die band te herstel. Dit gaan glo die grootste gedeelte van die dag duur.

Indien enige ander probleme nou ook in die opwekkingsnetwerk opduik, sal fase 2-beurtkrag op kort kennisgewing ingestel moet word.

Eskom het gesê hy sal verbruikers op hoogte van die situasie hou, en dat die netwerk steeds kwesbaar en onbetroubaar is.

Verbruikers word gevra om elektrisiteit spaarsamig te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Wat op dees Aarde ·

Ek is al so moeg om te hoor dat hierdie het gebreek, daardie het gebreek en blah blah blah. Doen net julle werk dan sal sulke goed nie gebeur nie. O ja, vergeet ek, 85% van die land se werkers is te lui om te werk en wil eet en slaap om geld te verdien.

henndrik ·

Hiredie bande breek nie sommer nie nou wonder ek, is dit swak kwaliteit of is onderhoud nie gedoen nie

koos10 ·

Die nie die eerste keer dat die band probleme gee nie. Duidelik is daar fout met die ontwerp of materiaal. Gaan iemand hiervoor ook geskors word?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.