Beurtkrag geld nou deurnag

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Fase 2-beurtkrag sal nou Donderdag deurnag ingestel word.

Dié verandering in skedule volg nadat Eskom aanvanklik aangekondig het dat fase 2 daagliks van 05:00 tot 22:00 tot Saterdag sal duur. Dié reëling geld steeds met die uitsondering dat beurtkrag vanaand nié 22:00 opgeskort sal word nie en deurnag tot Vrydag 22:00 sal geld.

Eskom sê in ’n verklaring die bykomende beurtkrag is nodig om die pompopgaarskemas te bestuur en te bewaar aangesien die kragvoorsiener die afgelope vier dae grootliks op sy noodopwekkingsreserwes staatgemaak het.

Beurtkrag is vroeër vandeesweek weer ingestel weens vertragings met die inwerkingstelling van verskeie eenhede, asook onbeplande instandhoudingswerk wat gedoen moes word.

Altesaam 4 588 MW was teen Donderdagmiddag weens beplande instandhoudingswerk nie beskikbaar nie, terwyl nog 15 204 MW aan kragkapasiteit weens onbeplande kragonderbrekings nie beskikbaar was nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Hendrik Marthinus ·

En die wat nie Weet wat ons gewone betaalde burgers deurgaan met loadshedding nie, is die wat nie Beurtkrag mag kry nie
Edele de Reyter en Ramaphoza
So Dus maklik om te se, sit krag af

H.A. ·

Eskom het dan R30 miljoen nou die dag terug gekry. Word ons nou gestaf omdat die geld weer diep sakke toe is ?

Hendrik Marthinus ·

En more deur die dag hoor jy stage 3 dalk Nog stage 4
Want iewers het Nog iets gebreek,
Soos die manne service en regmaak en die hoeveelheid Beurtkrag die afgelope jaar Moes die Eskom van ons splinternuut gewees het

marius ·

So word die voorspellings van diegene wat as doem profete beskuldig was waar …een vir een.

Keelvol ·

Van 2008 af sit ons met die probleem. Elke keer word gese dit gaan nog 10 jaar duur,. 10 jaar duur. De ruyter het die probleem vererger.

Antie Sarie ·

As dit oor onderhoud gegaan het, was dit oplosbaar. Hierdie is met opset. Kyk wat gebeur in die res van die wereld.

Antie Sarie ·

Slegs die wat geld het. Maar almal word nog steeds soos battery hoenders behandel. Of jy solar het of nie

Arend ·

ESKOM kán maar net nié van hulle KRISISBESTUUR ontslae raak nie. Wat het van VOORKOMENDE INSTANDHOUDING geword, óf het hulle het nie die onderskeidingsvermoë en insig om voorkomende instandhouding betyds toe te pas nie? ????Ná 30 jaar en hulle sukkel nog steeds met die “bestuursmetode” van hulle aanlegte. Miskien moet hulle opleiding begin kry, elke 1% kennis en ervaring kan oor ‘n paar dekades dálk help!????

Willem Hendrik ·

Opvoeding, dissipline en opleing daarsonder sal hierdie onopgelos bly. Inmenging van regering en die mag van die unies, onaangespreek gaan net meer eer dan minder donkerte bring.

Papsak ·

Flippen hel het hulle nou net dit op hulle brein donkerte donkerte pateties

Karina ·

Ek stem saam met Peter en sommer julle almal. In PE het ons skaars water gehad van Maandag af, dan nog beurtkrag ook. Gister geen water nie. Die “goewerment” van ons, vernietig alles.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.