Beurtkrag geld res van week

(Argieffoto: pixabay)

Die voortgesette vertraging om opwekkingseenhede by Kusile, Tutuka, Duvha, Kendal en Koeberg weer in diens te stel, het Eskom genoop om beurtkrag vandeesweek verder te verleng.

Die kragvoorsiener het Woensdagoggend gesê fase 2-beurtkrag sal nou van Woensdag om 10:00 tot Sondag om 22:00 geld.

“Die beperkings word vererger deur die afgelope paar dae se daaglikse hoë winteraanvraag wat deur kouer temperature veroorsaak is,” lui ʼn verklaring van Eskom.

“Die noodopwekkingsreserwes is oor die afgelope paar dae op grootskaal gebruik om beurtkrag deur die dag te verhoed. Dit het gelei tot ʼn uitputting van die hulpbronne wat beskikbare kapasiteit verminder het.”

Eskom sê hy het geen ander keuse as om beurtkrag deurlopend in werking te stel om die noodopwekkingsreserwes aan te vul nie.

Onbeplande instandhoudingswerk het beteken kapasiteit van 13 752 MW is nie beskikbaar nie, terwyl beplande instandhoudingswerk 1 273 MW uit die netwerk gehaal het.

Die beperkings gaan volgens Eskom nog geruime tyd duur. Verbruikers is gevra om hul kragverbruik veral tussen 17:00 en 22:00 te verminder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Jack ·

Eskom julle is so pateties.Skakel maar net af en gaan huis toe.Die onnodige en onbevoegde werkers sal so bly was as hulle kan gaan sit en niks doen by die huis.Dit sal wees soos by die werk.

Sambok ·

Selle ou storie oor en oor,lieg nou ak net soos die regering-kole is klaar

Filistyn ·

En dit is nuus? Sodra ‘n roetine gevestig is, is dit nie meer nuus nie. Dit is nou al ‘n roetine om 1 – 2 keer per dag sonder elektrisiteit te wees.

Catherina ·

Skuldiges wat ons in die gemors laat beland het sit snoesig en warm by huis…op spesaiale verlof…of lewe weelderig in buiteland. Maak my woedend. Ons kry koud…dis winter. Wie luister…niemand?

Hendrik Marthinus ·

Ai mense
Mnr de Reyter werk dag en nag om dit makliker te maak
Ongelukkig by Sy huis om sonpanele en gas stowe en geysers in te sit
Hy probeer regtig mense, wonder selfs gister moes hy nie by Mkhize oor geneem het nie
O nee miskien het ons dan krag gehad

Werner ·

De Ruiter verskoning vra is n slegte manier om jou skuldig te maak sorteer die probleem uit of kry mense met vaardigheid o ja julle het hulle weggejaag julle is n spul patete

Vernon ·

N Energie_kenner het so 2 maande gelede gewaarsku dat dit al slegter gaan raak…hy was reg! Nee wat ANC kan nie n land regeer nie…ons is lankal soos Zim. Als opgedons..als.

Persheks Adri ·

Wie ookal die hele tyd duime af gooi is plein spiteful! So wie kruip by Eskom of het permanent krag?

Piet parys ·

Snaaks toe de Ruiter aangestel is het almal gejuig maar nou word hy ook veroordeel . Hoe maak jy n kar reg wat op die scrapyard hoort . Wat gery is deur die vorige 30 jaar se regime sonder enige onderhoud of dienste gedoen . ONMOONTLIK TENSY JY DIT HERBOU

Snowball ·

Net so Piet. Ou Eskom is aan’t sterwe en die SA ekonomie saam met hom. Van herbou is nie sprake nie – geld is verkwis deur onbevoegdheid en korrupsie. ANC spesialiseer in terreur. Eers met bomme en nou met dienslewering.

James Milne ·

Tussen 17:00 en 22:00 kan ek nie my kragverbruik verminder nie, want daar is niks om te verminder nie, dit is dan reeds af!

Piet parys ·

Te……. laat……. dit ……is ……klaar…… AF

Anoniem ·

En so dink hul ons glo hul. Hoekom was al hierdie onderbrekings nooit 25 jaar gelede ervaar ie.
Stel weer die bevoegde mense aan wat hul werk ken en ten volle kan uitvoer. Nie duisende wat elkeen net 1 spesifieke takie verrig om werk te skep vir die volgende taksie om ‘n skrof vas te draai nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.