Beurtkrag geld van Maandagmiddag

Fase 2-beurtkrag word Maandag om 16:00 in werking gestel. (Foto: Yaoqi Lai)

Nadat Eskom die afgelope paar dae herhaaldelik gewaarsku het teen die moontlikheid van beurtkrag, het die kragvoorsiener Maandag aangekondig dat fase 2-beurtkrag in werking gestel word.

Die beurtkrag sal minstens van 16:00 vanmiddag tot Dinsdagoggend om 05:00 duur.

“Die beurtkrag word veroorsaak deur ʼn groter vraag omdat ʼn kouefront veel vroeër as verwag aangekom het, asook weens verskeie opwekkingseenhede wat onklaar geraak het.

“Die opwekkingsbeperkings sal deur die wintertydperk met sy hoë aanvraag duur en gaan die waarskynlikheid van beurtkrag verhoog.”

In hierdie stadium is 14 560 MW weens meganiese probleme nie beskikbaar nie, terwyl nog 2 300 MW weens beplande instandhoudingwerk uit die netwerk gehaal is.

“Sommige opwekkingseenhede sal na verwagting vanaand weer in diens gestel word, wat die las behoort te help verlig. Dit is egter nie voldoende om die hoë waarskynlikheid van beurtkrag vir die week uit die weg te ruim nie,” lui Eskom se verklaring.

Eskom het ʼn beroep op verbruikers gedoen om krag spaarsaam te gebruik en het onderneem om verdere inligting bekend te maak indien daar enige veranderinge aan die stelsel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Genis ·

My vraag sal; wees- wanneer word di sonkrag plase ge-integreer?

Pierre ·

Altyd dieselfde hoeveelheid krag wat nie beskikbaar is weens meganiese probleme nie.

Stofdonkie ·

Dis dalk steeds dieselfde meganiese probleme. Kundigheid is verjaag na die buiteland wyl ons oorgelewer is aan die oorblyfsels wat nie die werk kan verrig nie.

Persheks Adri ·

Ons is moeg verby vir Eskom en tog betaal ons ten duurste! Sit die onwettige “connections” af man!

Hendrik Marthinus ·

As Mnr De Reyter Dan so verskriklik goed en slim is, lyk dit my hy weet nie wat die verskil is tussen sommer en winter maande nie
As die demand so hoog is in winter maande doen jou maintenance in somer maande asb
Natuurlik Sal die demand hoor wees in winter tye, maak asb voorsiening daarvoor
Gee die Mnr Reyter 5 uit 10, ten minste het hy darem nog nie gese ons sal nooit weer loadshedding he soos ene Zuma nie

Danie ·

Ek is n besproeings boer en wanneer krag vannag half een weer aan kom na beurt krag dan moet ek in donkerte uit om pompe te gaan start…..maar ek moet dit dalk binnekort sonder my vuurwapen doen.

Persheks Adri ·

Nee Danie jy gaan met jou wapen uit klaar! Ons moet dié wapen wet baklei punt.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.