Eskom het ʼn kort ruk gelede aangekondig dat beurtkrag weer van Saterdagaand geld.
Die aankondiging is gedoen slegs enkele ure voor fase 2 van die stelsel om 21:00 werking tree. Dit sal in hierdie stadium tot Maandag om 05:00 geld.
Die kragvoorsiener sê beurtkrag word genoodsaak weens meganiese probleme, eenhede wat by verskeie kragsentrales uitgeskop het en vertragings om ander eenhede weer aanlyn te bring.
“Dit het beteken om moet swaar steun op noodopwekkingsreserwes wat nou op baie lae vlakke is,” lui ʼn verklaring van Eskom.
Om voldoende reserwes vir die komende werkweek te verseker, is dit nodig om die oorblywende noodreserwes so ver moontlik voor Maandag op te vul.
Eskom sê daar was die afgelope week verskeie probleme en onderbrekings by onder meer Tutuka, Kriel, Hendrina, Kusile, Arnot en Kendal.
Hoewel sommige van die eenhede reeds in diens gestel is, moes Eskom steeds swaar steun op noodopwekking om bestaande kapasiteit aan te vul. “Dit moet nou opgevul word om kapasiteit vir die week wat voorlê op te bou.”
In hierdie stadium is 15 627MW weens onbeplande instandhoudingswerk nie vir die netwerk beskikbaar nie, terwyl ʼn verdere 4 954MW weens beplande instandhoudingswerk nie beskikbaar is nie.
Eskom het verbruikers om verskoning gevra vir die ongerief.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Waaneer het NERSA nou weer nee gese vir ‘n begrooting vir Eskom?
Sekerlik die enigste maatskappy in die wêreld wat jou smeek om nie hul produk te gebruik nie
Wonder of daar nie n plan is dat ESKOM dalk moet groet nie.So voor die verkiesing
Hopeloos, pateties, onbevoeg,
BEE op sy beste
Kom ons stem maar almal vir anc dan sit ons almal maar sonder water en krag want hulle wil ons land en vir ons wys en regeer so kom ons kyk want ons sit nou nog sondwr water nou wat nou stem anc asb