Beurtkrag geld weer van Saterdagaand

(Foto: pixabay)

Eskom het ʼn kort ruk gelede aangekondig dat beurtkrag weer van Saterdagaand geld.

Die aankondiging is gedoen slegs enkele ure voor fase 2 van die stelsel om 21:00 werking tree. Dit sal in hierdie stadium tot Maandag om 05:00 geld.

Die kragvoorsiener sê beurtkrag word genoodsaak weens meganiese probleme, eenhede wat by verskeie kragsentrales uitgeskop het en vertragings om ander eenhede weer aanlyn te bring.

“Dit het beteken om moet swaar steun op noodopwekkingsreserwes wat nou op baie lae vlakke is,” lui ʼn verklaring van Eskom.

Om voldoende reserwes vir die komende werkweek te verseker, is dit nodig om die oorblywende noodreserwes so ver moontlik voor Maandag op te vul.

Eskom sê daar was die afgelope week verskeie probleme en onderbrekings by onder meer Tutuka, Kriel, Hendrina, Kusile, Arnot en Kendal.

Hoewel sommige van die eenhede reeds in diens gestel is, moes Eskom steeds swaar steun op noodopwekking om bestaande kapasiteit aan te vul. “Dit moet nou opgevul word om kapasiteit vir die week wat voorlê op te bou.”

In hierdie stadium is 15 627MW weens onbeplande instandhoudingswerk nie vir die netwerk beskikbaar nie, terwyl ʼn verdere 4 954MW weens beplande instandhoudingswerk nie beskikbaar is nie.

Eskom het verbruikers om verskoning gevra vir die ongerief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

JohanR ·

Waaneer het NERSA nou weer nee gese vir ‘n begrooting vir Eskom?

AmY ·

Hulle het nie. Ons kragrekening is SKYHIGH. En ons was gereeld vir twee tot vier ure ‘n dag sonder krag gewees…

Corne ·

Sekerlik die enigste maatskappy in die wêreld wat jou smeek om nie hul produk te gebruik nie

Jeffrey ·

En dan weer hul pryse jaarliks met belaglike bedrae lig omdat hulle nie genoeg verkope gehad het nie…

Werner ·

Wonder of daar nie n plan is dat ESKOM dalk moet groet nie.So voor die verkiesing

Papsak ·

Kom ons stem maar almal vir anc dan sit ons almal maar sonder water en krag want hulle wil ons land en vir ons wys en regeer so kom ons kyk want ons sit nou nog sondwr water nou wat nou stem anc asb

Tipper ·

Hierdie land het n plek van plundering geword en dit is onherstelbaar.

Pieter ·

Eskom is alweer besig om hul onbevoegdheid aan die wêreld te demonstreer…

AmY ·

Ons kragrekening is SKYHIGH hierdie maand en ons was gereeld vir twee tot vier ure ‘n dag sonder krag gewees.

annie ·

Sulke kamma-tegniese verduidelikings beteken vir krag-verbruikers niks. Die man in die maan kan net so wel die skuld kry. Hoe gereeld kan dieselfde eenheid breek, dieselfde eenheid versien en hoeveel keer doen dieselfde mense dieselfde joppie oor-en-oor en niemand vra hoekom só nie? Die publiek is moeg vir die Eskom-game. Ons betaal vir krag. Dis nie dieselfde as die staat se Sassa-speletjie-voor-die-valbyl of die vrome welsynsgroep se ‘n-pakkie-cheapies-vir-‘n plekkie-in-die-hemel nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.