Beurtkrag heelweek SA se voorland

(Argieffoto: Unsplash)

Beurtkrag is terug.

Eskom het Woensdagoggend aangekondig hy stel fase 2-beurtkrag vanaf 17:00 in – en dit gaan waarskynlik tot Vrydag om 23:00 geld.

Die kragvoorsiener sê die netwerk is onder geweldige druk en beurtkrag kan selfs voor dan in werking gestel word as enige verdere meganiese probleme deur die loop van die dag ondervind word.

“Voortgesette swak prestasie by die Kusile-, Duvha- en Tutuka-kragsentrale, asook vertragings om sommige eenhede die afgelope week weer in gebruik te neem, noodsaak die beurtkrag.

“Eskom moes beduidend op sy noodopwekkingsreserwes staatmaak en dit is vinnig besig om uitgeput te raak. Die beurtkrag-tydperk sal gebruik word om noodopwekkingsreserwes aan te vul.”

Altesame 6 212 MW se opwekkingsvermoë is weens beplande instandhoudingswerk onbeskikbaar, terwyl nog 11 217 MW se kapasiteit onbeskikbaar is weens onbeplande herstelwerk en vertragings.

Eskom sê dit het gelei tot sy onvermoë om in die stygende aanvraag te voldoen.

“Daar is ʼn groot moontlikheid dat beurtkrag oor die naweek kan voortduur. Dit hang af van die aanlegte wat ná beplande instandhoudingswerk weer in diens gestel kan word, asook van die vlakke van die noodopwekkingsreserwes.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

20 Kommentare

jongste oudste gewildste
Daleen

Eish………

pompies

Hoogtyd dat die swak presteerders n bietjie aangevat word en dissipline volgens die boek toegepas word. Waar is skoor nou hoekom is hulle nie by om die swak presteerders in aksie te sien nie maar nee hulle sal eerder hulle met n presteerder nm Andre de Ruyter bemoei om te sien of hy n rassis is as om die land se eletrisiteit te verseker. Dit is regtig n lagwekkende spul narre die politisie van SA.

Dup

Johannes Kerkorrel het destyds gesing: “Sit dit af…sit dit af….” nou doen hulle dit…!

B-Man

Snaaks. Kusile maak vandat die eerste eenheid gepoppel is al gebruik van sy noodreserwes. Die hoof steenkooltoevoerband is nog nie eers klaar opgerig nie en steenkool word per vragmotor aangery, geberg op die noodreserwe-area en dan weer gelaai en vervoer na die stasie met sekondêre vervoerbande (lees eerder dubbelhantering). Korrupsie en/of algehele onbevoegdheid van Eskom personeel (KET en topbestuur) is hoofoorsaak.

Willem

Is dit nie rassisties van Eskom om my krag te vat vir sekere tye