Beurtkrag is terug

(Argieffoto: Eskom/Twitter)

Eskom het Woensdag vroeg aangekondig fase 2-beurtkrag word van 09:00 tot 23:00 in werking gestel.

Die sukkelende kragvoorsiener het in ʼn kort verklaring gesê weens ʼn tekort aan opwekkingsvermoë is hy gedwing om dié stap te doen.

Eskom is in diep geldelike moeilikheid en probeer die miljarde rand terugkry wat hy verloor het deur korrupsie, asook wanbetaling deur verbruikers, groot klante en munisipaliteite.

Die kragvoorsiener het verlede week aan die parlement gesê 30 dae van beurtkrag is in die 2018-’19-boekjaar toegepas, terwyl Eskom in dieselfde jaar ʼn dieselrekening van R6,5 miljard gehad het om die uitwerking daarvan te probeer versag.

Eskom het gesê hy sou later Woensdag meer besonderhede oor sy besluit bekend maak.

Waar kry ek my beurtkragskedule?

Indien Eskom jou elektrisiteit verskaf, kan jy jou beurtkragskedule kry deur www.loadshedding.eskom.co.za te besoek of 0860 037 566 te skakel.

Indien ʼn munisipaliteit jou elektrisiteit voorsien, kan jy die volgende webwerwe besoek of inbelsentrums skakel.

City Power (Johannesburg): www.citypower.co.za of 086 056 2874
Ekurhuleni (Oos-Rand, Gauteng): www.ekurhuleni.gov.za of 086 054 3000
Tshwane Metro (Pretoria): www.tshwane.gov.za of 012 358 9999
eThekwini (Durban en omliggend): www.durban.gov.za of 080 131 3111
Stad Kaapstad: www.capetown.gov.za of 086 010 3089
Nelson Mandelabaai: www.nelsonmandelabay.gov.za of 041 506 5555
Polokwane (Limpopo): www.polokwane.gov.za of 015 290 2490
eMalahleni (Witbank en omliggend): www.emalahleni.gov.za of 013 690 6911
Umhlathuze: www.umhlathuze.gov.za of 080 022 2827

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

53 Kommentare

jongste oudste gewildste
Nika

Ja geweet CR praat weer nonsies toe hy sê geen beurt krag nie!

R

Slegte tydsberekening. Die matieks skryf vandag en more CAT en IT eksamens, wat total afhanklik is van rekenaars(en dus krag)!

sarel

ja nee dit was alles goed en well sodat die anc die verkiesing kan wen nou is alles weer back to normal hier in suid afrika

anon

O hulle is slim….daar gaan seker weer aansoek gedoen word dat die kragtariewe verhoog moet word en nou begin hulle weer met beurtkrag om hulle saak te versterk.

Pop

As ek hier kon vloek het ek. Niemand se iets van die yskaste en tv’s wat oppak van die onbevoegte spul se beurtkrag nie.