Beurtkrag hervat Woensdagaand

beurtkrag

Argieffoto

Eskom het gewaarsku dat Suid-Afrikaners Woensdagaand tydens spitstyd weer kragonderbrekings kan verwag. Die kragvoorsiener het gesê stakings by sy kragstasies het veroorsaak dat fase 2-beurtkrag ingestel moes word.

“Beurtkrag word slegs as ʼn laaste opsie geïmplementeer om die kragstelsel te beskerm teen ʼn algehele ineenstorting.” Eskom het reeds die afgelope paar dae fase 1-beurtkrag geïmplementeer.

“Volgens fase 2-beurtkrag moet 2 000 MW nasionaal op enige gegewe oomblik gespaar word,” aldus ʼn verklaring van die kragvoorsiener.

Gebruikers kan die beurtkragskedules op Eskom se webwerf of betrokke munisipaliteit nagaan.

Eskom maan gebruikers om elektrisiteit so ver as moontlik te bespaar. “Skakel asseblief geysers af deur die dag tesame met nie-noodsaaklike beligting en elektrisiteitstoestelle.”

Lees alle vorige berigte oor Eskom op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.