“Beurtkrag het geen impak op die ekonomie nie”

Argieffoto

Argieffoto

Edna Molewa, minister van waterwese en omgewingsake het Donderdag gesê die regering het nie enige berigte ontvang dat die ekonomie deur die kragonderbrekings geraak word nie en het beurtkrag as ʼn “tydelike terugslag” beskryf.

“Ons het tot dusver nie enige inligting ontvang dat daar ʼn negatiewe impak gaan wees nie,” het Molewa gesê.

Molewa sê Eskom het die regering verseker dat daar voldoende energie in die elektrisiteitsnetwerk beskikbaar is. “Dis so tydelik as wat tydelik kan wees,” het Molewa namens die kabinet gesê. “Sodra ons weer normale droë weer het, sal die probleem verby wees.

Eskom sê die kragonderbrekings word toegeskryf aan swaar reënneerslae in Mpumalanga wat nat steenkool veroorsaak het.

“Ons glo nie ons het tans ʼn krisis in elektrisiteit nie,” het Molewa bygevoeg. “Eskom het aangedui dat ons genoeg en voldoende energie op die netwerk het.”

Die kabinet kan nie bevestig wanneer die kragonderbrekings tot ʼn einde gaan kom nie. “Ons verwag die reën sal opklaar en dan sal ons terugkeer na normaal.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Demokraat ·

Hierdie minister wat reken dat beurtkrag geen impak op die ekonomie het nie, leef in ‘n wêreld van haar eie. Ons kan maar bly wees sy’s nie die minister van ekonomiese sake of finansies nie – dink net aan die chaos.

Jasper ·

Edna Molewa, jy en jou korrupte regering doen meer skade aan die ekonomie as Escom.

Marlene ·

Weet jy dan wil hulle n nasie ly. Hy weet regtig nie wat hy doen nie. Ons in KZN se krag was af van 8;45 tot 2;30. Wat n gemors die paaie was ongaanbaar en die sotlike goed verstaan nie n robot wat nie werk is n vier rigting stop nie.

Paul ·

Die vrou het namens die hele kabinet kommentaar gelewer en dus is die hele kabinet net so dom met die baas die domste. Dit is dieselfde dom een wat ‘n rukkie terug vertel het daar is geen krisis met die water se gehalte nie want as sy die toilet se hefboom druk spoel daar silwerskoon water in die toilet. Dit is amper so dom soos die Namibiese minister van Waterwese wat ‘n paar jaar gelede ‘n hidroelektriese skema stroomaf van Ruakana afgekeur het omdat die elektrisiteit dan reeds uit die water uitgehaal sou wees by Ruakana..

Slim Daan ·

Ja Paul. Of soos die een of ander wyse wat gemeen het daar moet groter damme gebou word, dan hou die voorraad langer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.