Beurtkrag hier saam met koue

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Eskom het Donderdag aangekondig fase 2-beurtkrag word van 16:00 tot 21:00 in werking gestel weens die koue in sommige dele van die land en ’n tekort aan opwekkingskapasiteit.

Die kragvoorsiener het in ’n verklaring gesê ’n opwekkingseenheid by die Tutuka- en Medupi-kragstasies het vanmiddag in duie gestort.

Dít terwyl die inwerkingtreding van nog twee opwekkingseenhede by dieselfde stasies, wat Donderdagmiddag weer tot die stelsel gevoeg sou word, nou vertraag word.

In dié stadium is 14 137 MW weens stukkende opwekkingseenhede nie beskikbaar nie, terwyl 2 924 MW weens beplande instandhoudingswerk uit die stelsel gehaal is.

Eskom het Suid-Afrikaners vandeesweek verskeie kere gewaarsku oor die moontlikheid van beurtkrag indien hy enige verdere opwekkingskapasiteit verloor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

deHAS ·

Kan nie vannaand wasgoed was nie, sal môre voor werk die masjien aan sit, wanneer ek terug kom (en daar is nie krag nie) kan ek dit oophang.

Johanncb ·

En só word ons, weereens, van nóg ‘n noodsaaklikheid gestroop!

Nie Verbaas ·

Danksy patetiese bestuur en instandhouding oor die afgelope 26 jaar is ons nou in die posisie.

Persheks Adri ·

Pateties regtig verdomp pateties!!! Voetsek Eskom betaal vir die swak diens. Dankie tog vir inverter plus generator vir ekstra “backup”.

Anthony ·

Helfte van Pretoria is al die hele week af. Het dit nie n posetiewe uitwerking gehad nie?

Rian ·

Eskom, vertel asb vir ons hoe werk beurtkrag. Sover my kennis strek het kleiner dorpe soos Nelspruit en kleiner nie beurtkrag nie. Dit blyk net in die groot stede te wees. As iemand inligting het wat die teendeel bewys hoor ek dit graag.

Strandloper ·

“kragstasies het vanmiddag in duie gestort.” Moet eerder lees: anc het al in 1994 in duie gestort.

Riaan ·

Die Medupi-kragstasies word ELKE keer genoem as daar beurtkrag ingestel word. Wil ‘n paar Durban looters nie maar net die plek gaan afbrand en toepak met klippe nie, want dit wil voorkom asof die plek nie meer gered kan word nie.

andre ·

Die gebrek aan opwekkingskapasiteit kan toegeskryf word aan die gebrek aan intellektuele kapasiteit en gebrekkige produktiwiteit asook die regering se rasbehepte indiensnemingsbeleid.

Duck ·

Tog te lekker, my ou rooi wyntjie ( Merlot) word kamer tempratuur geniet en hier in die Kaap is die kamer nou so 11 grade C.
Daarna moet ons maar bibber…..

Lulutjie ·

Ek is so dankbaar ons is nie meer afhanklik van Eskom nie. Heeltemal van hulle grid af met solar sisteem.

Pieter ·

Eskom het weereens besluit om hul “incompetency” aan die wêreld te illustreer…..

Nico ·

Daar is altyd krag onderbrekings, Eswkom stoot die tariewe op, wie lei daar onder die verbruiker. Eskom het wanbestuur toegepas en die geld laat verdwyn. Eskom wat eers ‘n magtige organisasie was is afgebreek tot niks deur die ANC.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.