Beurtkrag is terug

Die beurtkrag waarteen Eskom Dinsdag gewaarsku het, is hier.

Die kragvoorsiener het ’n kort ruk gelede aangekondig dat fase 2-beurtkrag Woensdag en Donderdag tydens die aandspitstyd (tussen 16:00 en 24:00) ingestel sal moet word.

Dít weens die alewige tekort aan opwekkingskapasiteit.

Eskom sê die vertraging in die terugkeer na diens van ’n eenheid elk by die Arnot-, Kusile- en Koeberg-kragstasie asook die onbeplande onderbreking van ’n opwekkingseenheid elk by Camden en Medupi en twee eenhede elk by Grootvlei, Hendrina en Majuba het ongelukkig die kapasiteitsbeperkings vererger.

Daar word wel verwag dat sommige opwekkingseenhede oor die volgende paar dae weer in diens gestel sal kan word.

Sowat 2 931 MW word in dié stadium afgestaan aan beplande instandhouding, terwyl Eskom sonder ’n bykomende 15 051 MW moet klaarkom weens onbeplande onderbrekings.

Die kragvoorsiener het Suid-Afrikaners vanoggend opnuut daaraan herinner dat beurtkrag slegs geïmplementeer word as ’n laaste uitweg om die kragnetwerk te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

SjN ·

Nou wat nou, oggend en aand praatjies stem nie ooreen, waar is die krag vanaf buurlande soos voorgehou deur die klomp kaders.

Samuel ·

Dit neem tyd om daardie ingevoerde krag hier te kry. Boonop moet diep skep ooreenkomste ook gereël word. Cyril moet maar sy swaer opdrag gee om krag aan SAners te voorsien.

Piet 6 ·

Hulle sal nie oornag die krag kry nie. Lees berigte deeglik dan sal jy sien onderhandelinge oor prys is aan die gang.

George ·

Hard gewerk om dit terug te kry. Die nuwe CEO is ook maar lee blik

krodedil ·

Ek is bly almal begin nou deur de Ruyter sien. Hy is die res van die ANC

Samuel ·

Beurtkrag is die nuwe normaal in Suid-Afrika. Is dit steeds nuuswaardig? Eskom moet liefs vir ons sê wanneer ons krag gaan hê.

koos ·

Pappie, hoor my lied, dit gaan net slegter raak. Vergeet van dit sal beter gaan oor so 2 tot 3 jaar. Reken eerder op tien jaar, dan is Another National Crises hopelik ook nie meer met ons nie. Ek sien eenhede het ook by Medupi en Kusile gefaal/ vertraag – is dit nou te wagte van die nuutste kragstasies waarvoor die belastingbetaler opgedok het? Camden en Grootvlei moes ook al lankal scrap metal gewees het, nou is hulle sleutelinstansies in die krag netwerk. BELAGLIK!! Koop maar jou sonstelsel, of sit in die donker en tjank op MM hieroor, net soos ek.

marius ·

Korrek . Lala land se mense wil egter nie die waarheid hoor nie .

Oros Soros ·

Ag ou Eskom, julle is darem ‘n ou staatmaker as dit kom by beurtkrag.

Kenny ·

Suid Afrika is die enigste land waar jy kan staak vir n verhoging in salaris om nie die werk te doen nie en /of onbevoeg te wees
En weg kom DAARMEE

Riaan ·

Ek sal baie graag die statistiek wil sien ten opsigte van onbeplande onderbrekings van die kragstasies. Watter kragstasies ondervind die meeste onderbrekings, en wie is die onderskeie stasie hoofde.

Fran ·

Mens weet nie meer of jy moet lag of huil nie! My elektrisiteitsrekening was Junie/Julie die hoogste ooit ten spyte van die meeste ure beurtkrag nog! Swak, korrupte spul goed!

Johann ·

Verduidelik net vir my waars die “pre-paid” krag wat verkoop word? Of is blatante bedrog deel van die EISHKOM plan? M.a.w jy verkoop iets wat nie bestaan nie, en wanneer die verbruiker wil gebruik wat hy reeds voor betaal het, is daar eenvoudig zirall?

@n0Niem77 ·

Los nou maar die herstel en 10 jaar uitstaande versienings en subsidieer eerder sonkrag v huishoudings en besighede

Casper ·

Wie kan vir my verduidelik wat is onbeplande onderbrekings

krodedil ·

Vinnig in ‘n neute dop. Onbeplande onderbreukinghs is soos vervoerbande wat breuk, Krag units wat trip. Daar is baie kondisies waar alarms opkom wat die krag eenheid beskerm en so shutdown. Basies alles wat verkeerd gaan gaan onder onbeplande onderbreukings deur. Beplande onderbreuking is soos tyd skedules waar onderhoud gedoen word.

AJ ·

Bevry jou self van die beurtkrag teistering deur Eksdom!

Wek jou eie krag op … of ploeter voort in die donker.

Eksdom se ‘betalende’ kliënte gaan hulle binnekort verlaat. Niemand wil ‘gemelk’ word om
misdadigers skatryk te maak nie.

Eskom moet VAL soos die SAL!

Martin ·

Vir die mense wat nog so dom genoeg sal wees om weer vir die huidige regering te stem in die volgende nasionale verkiesing in 2024 – moet asb nie jou siel verkoop vir ‘n gratis t-shirt en DSTV skottel nie…

Antie Sarie ·

Mense. Kyk na die groter prentjie. NZ en Aus dreig met beurtkrag. Kanada en Engeland het “rolling blackouts”. Duitsland se nou dit is onafwendbaar. Hierdie is slegs gevalle waar bevestig is dit gebeur in ander lande ook. Dit gaan NIE oor onderhoud nie.

Frank John ·

Ek wil saamstem met die wat sê dit gaan net erger raak. Ek dank die Here toe Hy praat toe luister ek,nie altyd so gehoorsaam nie, dis my vout, maar toe ek nuwe kar wou koop met my belegging geld wat los gekom het toe sê Hy, moenie, koop solar, ek het, solar krag, water pomp, boorgat en geysers, tenks, en gas. Daar is maniere om stelsels op skuld in te sit. As jy jou kar kan afbetaal kan jy solar afbetaal. My stelsel met alles ingesluit was binne 4jaar afbetaal of eerder terug betaal.
Moenie afhanklik wees van dié government? Sorg vir jouself

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.