Beurtkrag is (tydelik) hier om te bly, hoor LP’s

Grafika verskaf deur ANA

Suid-Afrikaners kan tot minstens einde Maart beurtkrag beleef indien die huidige elektrisiteitverskaffingskrisis voortduur, het die parlementêre komitee oor openbare ondernemings gehoor.

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings en sy waarnemende direkteur-generaal Thuto Shomang, het MP’s toegespreek oor probleme by die kragvoorsiener wat uiteindelik tot beurtkrag gelei het.

Gordhan het aan LP’s gesê ingenieurs, van Italië, is ontbied om met plaaslike eweknieë saam te werk om die bedryfsprobleme by kragstasies op te los wat veroorsaak het dat die verbruik hoër was as die beskikbare elektrisiteit.

Die minister het gesê ontwerpfoute by Medupi- en Kusile-kragstasies, wat veronderstel is om ʼn buffer te wees en kragonderbrekings te voorkom, moet ook dringend ondersoek word.

Hy sluit nie die moontlikheid van vervolging uit as ongerymdhede blootgelê word wat betref die bou van die twee kragstasies teen hoër kostes nie (Medupi van R24,9 miljard tot R145 miljard en Kusile van R80,7 miljard tot R161,4 miljard). Dié kragstasies kan tans net teen 40% kapasiteit funksioneer, wat die situasie nog erger maak en die moontlikheid van beurtkrag verhoog.

Volgens Gordhan het bykomende eenhede ook intussen onklaar geraak.

Maroela Media het vroeër berig indien Eskom nie ʼn finansiële reddingsboei van die regering ontvang nie, die kragvoorsiener teen April insolvent verklaar kan word. Shomang het gesê Eskom is reeds tegnies insolvent en verkeer in ʼn krisistoestand wat lei tot gereelde kragonderbrekings en die toepassing van beurtkrag. Volgens hom is dié krisis die gevolg van onder meer jarelange wanbestuur, korrupsie en swak besluitneming by die kragreus.

ʼn Aankondiging in dié verband sal na verwagting gemaak word wanneer finansiesminister Tito Mboweni volgende week sy begrotingsrede lewer.

Shomang het ʼn uiteensetting van die operasionele en finansiële krisis by Eskom aan LP’s voorgelê. Hy het gesê die inkomste wat deur die kragvoorsiener gegenereer word, is nie genoeg om bedryfskoste en skuldbetalings te dek nie.

Die personeel het van 32 000 in 2007 toegeneem tot 48 000 in 2018 en die gepaardgaande koste het van R9,5 miljard tot R25,9 miljard toegeneem. Munisipale skuld het toegeneem tot ongeveer R1 miljard per maand.

Gordhan het om verskoning gevra aan Suid-Afrikaners en gesê die regering werk nou saam met die raad van Eskom om die krisis op te los.

Pres. Cyril Ramaphosa het intussen versoek dat Suid-Afrikaners nie paniekerig moet raak oor beurtkrag nie. “Ons was al hier en het anderkant die rivier uitgekom. Ons sal oplossings vind en ons sal oukei wees,” het hy buite Tuynhuys aan eNCA gesê.

Hy erken dat die kragonderbrekings ʼn “verwoestende impak het op die ekonomie en die gewone lewens van mense”, maar bygevoeg die kabinet ondersoek die oorsaak van die kragonderbrekings.

“Ons het vanoggend gesprekke gehad oor die benarde situasie. Ons werk aan ʼn paar planne om dit saam op te los en ons sal [Donderdag] aankondigings hieroor maak,” het hy gesê met verwysing na sy reaksie op die debat oor sy staatsrede wat vir Donderdagmiddag om 14:00 geskeduleer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Werner ·

Hulle wag seker dat Eskom heeltemal afgaan dan het ons nie meer n beurtkrag probleem nie

David ·

Dis interessant dat hulle ingenieurs uit Italië ontbied. Ons het die vaardighede hier, maar blanke Suid-Afrikaners mag mos nie die werk kry nie.

Buitendien kan mens nie room van die fooie afskep, vir binnelandse transaksies, sonder dat SARS dit optel nie…

verbitter ·

David ek stem 100% met jou. Daar sal liewers kennis ingevoer word voordat plaaslike kennis wat afgelê is gebruik. ANC is bang ons eie mense sien al die gemors en as dit reggestel word moet hulle moontlik weer indiens geneem word. ANC sal nooit iets doen wat hulle as te onkundig en sleg bewys nie.

Dafer ·

Die moontlikheid dat die installasies wat op die oomblik probleme gee van Italie af ingevoer is, moet darem ook oorweging geniet. Probleme kan toegeskryf word aan swak werk deur die bbbbb-eeeee, of sal ons maar net sê bêêê.
Ek sal hulle die voordeel van die twyfel gun, totdat die teendeel bewys is.
Die feit dat Rama nog sterker beheer oor besighede wil hê gaan die gat wat ons in is, net dieper maak!

Deon ·

Moenie stress nie. Dit is eintlik Afrikaanse outjies wat vir die buitelanders werk

Lala Land ·

Ingenieurs van Italië… ek is seker daar is steeds bekwame plaaslike ingenieurs wat oorweeg kon word teen n fraksie van wat die Italianers se fooi… n Wit man solank hy net nie afrikaans is nie…

Se maar net ·

Die beste en voorste kenners sit hier op eskom se voorstoep, sal die probleme teen n fraksie vd italianers se koste oplos, maar nee hulle is te wit om gekonsulteer te word!! As die ingeneurs betrokke was by Kusile en Medupi se ontwerp sou dit ook nie sulke oneffektiewe kragstasies gewees het nie, nou is dit net effektiewe Kitsbanke vir n paar mense met die regte konneksies!!

Dries ·

Meneer di President,
Ek verskoning dat ek ni in 2019 my inkomste belasting sal betaal ni…

Johann ·

ANC LAGACY!!!!!!!! IN UR FACE CEREL!!!!! Absolute onbekwaamheid, onbevoegdheid, MAAR DARM BEEEE????? En ons moet bloot se ok, siestog, jammer om te hoor van jou probleme… hoeveel kan ons NOG betaal om jou en jou ANC kronies se sakke vol te hou? GATVOL vir aan die ontvang kant wees van die ANC se verwoesting van n eens trotse land!

P G Slabbert ·

Byna 25 jaar se sg. planne , en almal sien die resultaat . Die wat nog vir die voorreg betaal , raak al minder . En cosatu is verontreg ! Almal , droom nie met geslote ogies !

Bekommerd ·

Natuurlik is die kragstasies op die goedkoopste wyse gebou sodat die oolrtollige geld weer ander se sakke kon vul

·

Eers Fr. ir. vir die Koebergmoergeval en nou It. ir. vir die heeltemalverval maar nee ons eie hoogsintellegente en bekwames word oor die hoof gesien…..maar moenie warrie nie alles sal okey wees want ons ondersoek alles….

ZAR ·

Invoer van Italiaanse ingenieurs? DIT het my smoorkwaad gehad! Hoe ver sal hulle gaan om nie wit Suid-Afrikaners aan te stel nie? Ek gaan nou ‘n gat in die muur slaan en dan ‘n dubbele brandewyn en coke drink.

Dafer ·

Los die gat ZAR. Drink twee. Ek join jou, jy moet net verskoon, maar myne is Bell’s

Pieter ·

Ja, ons is al deur beurtkrag … en ek is afgelê sonder ‘n pakket toe ons besigheid gevou het. Ons het kliënte se databasisse landswyd opdateer, maar ons beurtkrag en die kliënte s’n het selde ooreengestem. ‘n Dekade later sukkel ons steeds om kop bo water te hou, maar nou stuur Eskom nog ‘n klomp hardwerkende mense oor die afgrond. Knap gedaan, Eskom!

Hanna Hoekom ·

Italianers is ook WIT! Dit tel mos teen BEE reels, dan nie? Geloofwaardigheid voor kundigheid is mos sedert 1994 die motto. Vra namens n vriend.

John ·

En ons kry op SABC sommer dadelik ‘n lysie van wat ons alles kan doen om reg te kom… as ons baie geld het… kragopwekkers en… kragopwekkers… Waarvoor het Eskom die long life- gloeilampe so mildelik uitgedeel? Dis nou duidelik. Hou dit afgeskakel dan hou dit baaaaie lank. En dan nog ‘n toekenning gekry vir die idee om ons vir plastieksakke te laat betaal. Onthou? En kyk waar trek ons nou? Hul besig gehou met twak, ipv kragopwek.

Thomas ·

Die ANC het die bed opgemaak, maar staan nie pa daarvoor nie. Dis altyd die korruptes onder hulle, maar nooit die organisasie self nie. SAUK, SAL, PRASA – noem dit. JULLE het ‘n blinde oog gedraai. Al wat ons hoor is hoe die meerderheid steeds struggle. Met julle aan die stuur hoekom sal ek verbaas wees? Gaan kyk maar na die wetteloosheid op ons paaie. Julle ware kleure begin wys.

PJC ·

Dit gaan seker bitter moeilik wees om Escom se tegniese probleme met opwekking op te los maar ek dink dit gaan onmoontlik wees om sy finansiële probleme op te los.

kragaap ·

Dries, stem saam met jou, wens net ons wil almal saamstaan en dit doen…hoogtyd as jy my vra…. hoekom sal ons net aanhou toekyk hoe dit wanbestee word, want dan gee ons eintlik maar stilswyend goedkeuring, dan nie?

Valerie ·

Sabotasie. In lande waar dinge werk, is dit nogal ‘n ernstige misdaad. (Val ek myself amper in ‘n ander provinsie in soos ek lag).

sarah ·

Daai kolonialiste met hul whiteness moet nou die gemors kom regmaak. Ha, ha

Alwyn ·

Ongelukkig weet ons almal wat aan die anderkant van die rivier met n land gebeur het.

Vusi ·

Meneer, dit is van kabinetsplanne dat ons sit waar ons sit. Kan julle nie asseblief ophou planne maak nie, of gaan beplan ‘n troue of begrafnis, maar los die infrastruktuur vir die boere om uit te sorteer.

Schalk ·

Word gemanipuleer dat nuwe mag krag kan voorsien kyk maar aan wie AREP behoort en se swaers si in magsposies in die regering .Die mense het mooi geleer by vorige regering.

Wie weet ·

Ingeneurs van Italie Ja al ons Ingeneers het geimegreer nou moet hulle ingeneers van italie af kry waar is ons sogenaamde bee ingeneers hulle moet dit mos kan uitsorteer hulle kry die geld daarvoor of hoe se ek nou

Philip ·

Ai mense! Waar is julle geloof. Daai wigte en teenwigte gaan nou enige oomblik inskop. Dis tog daai “wigte en teenwigte” feeverhaal wat so 70% van die wittes in 1992 geglo het. Asook die “magsdeling” feeverhaal. Glo net weer soos wat julle destyds geglo het.

Anel ·

En solank hulle net ons staatspensioene uitlos. Een van die dae is ons net so sleg af soos transnet! Onbevoegde diewe!

JWC ·

Anel… dan het ek nuus vir jou! Dit word reeds geplunder. Het die GEPF nie juis in 2018 aan die SAL hulp verleen nie?? En wat dink jy gebeur as die Rand tot niet gemaak word? Moenie te veel op die pensioenfondse staatmaak nie!

Judge Dredd ·

Ja squirrel – die Zoeloes het by bloedrivier ook die rivier probeer oorsteek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.