Beurtkrag kan hele naweek lank verwag word

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het Vrydagmiddag gesê beurtkrag sal na verwagting regdeur die naweek toegepas word.

“Beurtkrag sal weer Saterdagoggend en Sondagoggend om 09:00 hervat om reserwes op te bou vir die volgende week,” het die maatskappy in ʼn verklaring gesê.

Volgens die maatskappy is daar ʼn aantal redes vir die beurtkrag wat Vrydagmiddag ingestel is. “Die kragstelsel is onder geweldige druk weens onvoorsiene tegniese probleme by kragstasies. Waterreserwes by ons spitskragstasies wat water gebruik om elektrisiteit op te wek en die dieselreserwes wat die oopsiklusgasturbines aanvuur, het opgedroog,” lui die verklaring.

Beurtkragskedules is op Eskom se webwerf beskikbaar vir sy direkte klante. Verbruikers kan ook die kontaksentrum skakel vir bykomende inligting.

ʼn Steenkoolsilo het vroeër vandeesmaand by die Majuba-kragstasie in Mpumalanga ineengestort wat tot grootskaalse kragonderbrekings gelei het. Die silo het meer as 10 000 ton steenkool bevat en steenkoolvoorraad aan al ses eenhede by die kragstasie beïnvloed. Die ondersoek duur voort.

Eskom wou Vrydag nie kommentaar lewer op gerugte dat een van sy oorblywende steenkoolsilo’s by die Majuba-kragstasie in Mpumalanga ʼn kraak in het nie. Intussen het Natasha Michael, DA-LP, in ʼn verklaring gesê die party is baie besorg oor dit wat by Eskom gebeur. “Daar is geen inligting wat publiek beskikbaar is wat lig werp op dit wat werklik by Eskom aan die gang is nie,” het sy gesê. Sy het gesê die party sal ʼn aansoek kragtens die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting indien om die departement van openbare onderneming te dwing om inligting oor die kwessie besikbaar te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peter Says ·

Nina, al die lokasies in die land Het krag, ons word gedwing om barbaars te word, ons moet dalk ook begin breek, vernietig en plunder..,.Dalk werk dit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.