Beurtkrag kan tot naweek duur

(Foto: Yaoqi LAI)

Nadat Eskom Woensdag al begin voorbrand maak het dat beurtkrag moontlik ingestel gaan word, het die nutsmaatskappy Donderdagoggend vroeg aangekondig dat fase 2-beurtkrag vanaf 09:00 sal geld.

Dit sal vir eers tot minstens 06:00 Saterdag geld.

Eskom sê hy het oornag drie opwekkingseenhede verloor en dat dit sy tekort aan kapasiteit verhoog het.

“Daar is ʼn groot moontlikheid dat beurtkrag ook oor die naweek kan voortduur, aangesien reserwes vir die komende week opgebou moet word.”

Teen 05:30 vanoggend was onbeplande instandhoudingswerk op 11 938 MW en beplande instandhoudingswerk op 4 654 MW.

“In dié stadium word noodreserwes gebruik om die tekort aan te vul.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Emily

Ag hete tog, hoe bloei my hart vir al die onbevoegdes in die land. Heel week was daar niks, Nou kom die naweek nou moet ons weer daaronder lei.
Woonstel bewoners en baie ander kan nie generators bekostig nie, So wat maak ons.
Regtig julle moet mense kry wat alles in stand kan hou.
Ons arme land val behoorlik uitmekaar agv. Onbevoegdheid, Korrupsie, Misdaad, Betogings en vele meer.

sterk soos n beer

Swak bestuur is oorsaak van beurtkrag. Was nooit beurtkrag voor 1994 gewees nie

Sandvygie

Dit is darem maar werklik vreemd dat daar skielik vir n paar dae agter mekaar nie beurtkrag is nie en dan skielik oor n naweek sit ons met die gemors, In warm woonplekke….en asb moet nou net nie soos op facebook se mense begin spog met jou wonderlike lugverkoelers wat jy aangekoop het en elke sent die moeite werd is nie, ek gee werklik nie om nie. Nie eers te praat van die hordes onwettige gebruikers van elektrisiteit nie en dan praat ek van mense in gegoede buurte wat net so lekker met hulle meters peuter. Dis miskien hoogtyd dat… Lees meer »

koos10

Verander asb die opskrif vanaf “kan” na “gaan”.

Niné

Onbeplande herstelwerk my voet man! Eskom is lankal al gewaarsku dat die substasie herstel moet word, en nou dat hy ontplof het sit ons hier in Springs al dae sonder krag. Hoe moet ek my besigheid aan die gang hou? Net toe ek bly is en my paket by denel vat nou kom beurtkrag my aan die gat byt. Tyd vir buitelandse opsies.