Beurtkrag: Kerse dalk vanaand jou voorland

hande-kerse-kerslig-gebed

Foto: Myriams-Fotos/Pixabay.com

Suid-Afrikaners moenie té opgewonde raak oor die situasie by Eskom nie. Al het vakbonde Vrydag tydens ʼn vergadering ooreengekom om terug te keer na die onderhandelingstafel met inflasie as beginpunt, het Eskom gesê dat die kragnetwerk steeds onder geweldige druk verkeer en dat fase 2-beurtkrag steeds waarskynlik is.

Eskom het in ʼn verklaring op sy webtuiste gesê hy verwag stremming op die stelsel Saterdag tussen 17:00 en 22:00.

Dikatso Mothae, woordvoerder van Eskom, het op Twitter bevestig dat daar waarskynlik tussen die genoemde tye beurtkrag sal plaasvind as gevolg van die geweldige druk op die kragvoorsiener.

Die kragnetwerk se status kan hier dopgehou word, en beurtkrag-skedules kan hier besigtig word deur jou dorp/streek in die soekveld in te tik.

Eskom het verbruikers gemaan om onnodige toestelle af te skakel en te help om krag te bespaar.

Maroela Media het vroeër berig  dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het Vrydagmiddag, direk ná ʼn vergadering wat laat Donderdagaand deur Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, belê is, met Maroela Media gesels oor die uitkoms daarvan.

Die vakbonde Solidariteit, NUM en Numsa, Phakamani Hadebe, die uitvoerende hoof van Eskom, Jabu Mabuza, die voorsitter van die Eskom-raad asook Gordhan was teenwoordig by die vergadering wat Vrydag sedert 12:30 in Midrand gehou is.

“Dit was lang, harde en baie emosionele onderhandelings,” het Hermann aan Maroela Media gesê.

Hy sê Solidariteit is tevrede, dankbaar en verlig oor die uitkoms van die vergadering aangesien hul oogmerk uit die staanspoor was om ’n balans te tref tussen die belang van die gewone Eskom-werknemer en die land.

Op die vergadering is besluit dat alle partye Dinsdagoggend tot die onderhandelingstafel terugkeer en onmiddellik begin met die proses om kragnetwerke weer te bestendig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Reguit ·

Beurtkrag? Kan maar netsowel die wonderlike Azanië se krag vernoem na die land se status: Rommelkrag.

Ja ne ·

Iets vir die verpligte Geskiedenis. Wat het Suid-Afrika voor die kers era gehad? Elektrisiteit. Alle ander lande behalwe SA & Zimbabwe. Oop dalk wen mens as jy so verkeerdom is.

Foxi ·

Ja dankie Sylvi, ek stem saam. En as hulle dit afsit…..is dit net om regtig snaaks te wees!
Vir wie wil hulle nou straf…..die wat betaal of diegene wat dit verniet kry? Ja nee, RUGBY is mos ons almal se sport. Sê maar eerder niks, dan is daar niks……

mirrie raubenheimer ·

waarom moet ons betaal vir hulle stommiteit betaal? hulle weet nie eens wat dit beteken nie want selfs gedurende kragonderbrekings het hulle krag. dit terwyl daar vir eens iets interessants op die tv is. ag nee eskom!!

Johann cb ·

Baie dankie vir die skedule Maroela Media! Ongelukkig is Nelson Mandelabaai (Port Elizabeth) die laaste keer in September 2015 opdateer…ons sal wag vir die donker om aan te breek! (Na die rugby, hopelik!)

Natus ·

Dalk moet Eksdom begin om al die onwettige konneksies te verwyder. Hulle sal beslis dan genoeg elektrisiteit hê vir al die betalende verbruikers!

Avra ·

Skakel al die straatligte af wat 24/7 brand. Ook die spreiligte.

Cherokee ·

Lindiwe, ek is nie so seker dat jy reg is nie. As jy by Nkandla verby ry, sal jy sien dat die ligte helder brand.

Super geiriteerd ·

Ek het nie meer woorde vir onbevoegde mense wat swak besluite neem ten koste van duisende mense nie … dank die spul by Eskom af want vark weet hierdie sou nooit voorheen gebeur het nie ..

Leon ·

Jy en ek het ‘n woord vir hulle, maar daai woord is onnoembaar in die openbaar. Daai woord is deel van die dialek genaamd Braaivleisvuur Afrikaans.

HPV ·

Dit is met opgewondenheid dat ek lees van die afsterwe van Eskom, wat ‘n wonderlike dag! Ons sal jou vervang met sonenergie, geen personeel en nooit weer terug kyk nie!

Vraagteken ·

Yeah right! En wat gebeur in die aand? Dink jy ‘n solarstelsel gaan vir jou genoeg, betroubare, elektrisiteit kan gee?

Reguit ·

Alles is toelaatbaar, moet net nie die rugby-afgodjie skade aanrig nie……..

Jacques ·

So 25 jaar terug koop ek ‘n fabriek en ons kom toe sommer almal by die prokureur bymekaar om te onderteken. DIe verkoper vertel ons toe van sy reis Luanda toe. Net aangekom by sy hotel, toe gaan die krag af. DIe portier verduidelik toe aan hom hulle het beurtkrag, want hulle kan nie genoeg krag opwek vir die hele land nie. Ons bars toe almal uit van die lag……….?????

Vickster ·

Ona het beurtkrag. En ja moet se dis sleg dat dit so gaan. Ons krag het net na 7 afgegaan. En moet se dis nogal lekke vir die feit dat daar geen tv is nie..

nils ·

ons het gehad van 17:00 tot 19:21. iemand het al in 2017 gesê beurtkrag sal ons voorland wees die winter te danke aan die guptas se swak gehalte steenkool. eskom het dit afgemaak as swart smeerdery. was die staking dus uitgelok om die swak steenkool weg te lieg?

Joey ·

Sjoe. Televisie en sport is omtrent afgode, maar hulle kan nie 10 minute met God se woord deurbring nie dan is hulle verveeld.

Avra ·

Groot verligting toe Gordan ingryp en ons spring sommer na fase 2 beurtkrag….

Gehardt O ·

Hierdie is direk die skuld van n korrupte, onbevoegde en rassistiese ANC regering, mag my God julle fel oordeel.

Johan d ·

Waarom moet Eskom se werkers hoër verhogings as inflasie kry? Veral aangesien daar soveel meer werkers is as 15 jaar gelede, wat dieselfde uitset lewer as 15 jaar gelede? Die privaatsektor betaal dit nie in noustrop-tye soos nou nie.
En waarom kry almal in elk geval summier verhogings en bonusse? Moet mens dit nie op individuele basis verdien nie?

Geregtigheid. ·

Hulle maak ons sag vir GROOT VERHOGINGS. SONDAG is die dag wanneer die besighede stil is en min bedrywighede aan die gang is. Nou skielik beurtkrag !!!!!! Dit is om ons te irriteer.

John ·

Hoe lank ‘verwag’ Eskom nou al die nuweling Beter Dae? Elke jaar word die bankkaart afgesmeek om die babakamer weereens toe te rus en telkens word dieselfde storie herhaal. Hoe lank kan pappie en die kinders hierdie hoogswanger vol in die gloed moedertjie nog verduur en troetel. Die staatskraamsaal onder die kwaai hand van die Grondwethof moet nou genader word via die hooggeregshof se vinnige anbulans. 24 jaar oortref alle swangerskappe in die Melkweg, sowaar, en die IMF-vroedvroue en die graderingsgroepe se kerse is lankal reeds uitgebrand.

Vraagteken ·

Cherokee, kry jou feite reg – Nkandla is EEN gedeelte van SA (en eintlik ‘n baie klein gedeelte). Ek neem aan jy probeer beklemtoon dat ou presidente nie sulke probleem ervaar nie – wel in hierdie geval is jou kommentaar nie van pas nie. Lindiwi praat van informele nedersettings as geheel, en hier kom jy en isoleer een gedeelte van SA.

Dit gesê, die hoof rede hoekom ons in hierdie gemors is, is indirek a.g.v. swak leierskap deur ‘exhibit A’; Mnr Zuma. Min mense weet dat daar ‘n direkte verhouding tussen die sterkte van ‘n ekonomie en aanvraag op elektrisiteit is. Ons ekonomie het verklein (te danke aan Zuma), en dus is die aanvraag vir elektrisiteit minder. Dit het gevolg dat eskom se ‘revenues’ minder is, en dus is daar minder winste vir stelsel vergrooting, ens.

jd ·

Weet nie waaroor Eskom werkers kla nie want ek het ook geen verhoging gekry die jaar nie. Wat moet ek doen? Staak en af brand? Wel doen ek dit, sit ek en my vrou op straat. Vreet maar op en hou aan werk is wat ek moet doen, al raak als duurder elke dag.

Nonnie ·

Weet julle dat die laags besoldigde werker in ESKOM kry oor die R8 000 per maand……en verlede jaar JULIE het ELKE werker in ESKOM ‘n HENGSE bonus gekry……… MENSE, G’N WONDER DIE ENTITEIT IS IN SY GLORY IN NIE EN ONS MOET DIE VERDOMDE REKENING ELKE KEER VEREFFEN NIE………… NEE MAGTIG EN NOU WIL HULLE BELAGLIKE VERHOGINGS Hê………..

Estelle Oelofsen ·

Avra, baie jammer maar ons spreiligte op die “plot” bly brand snags! Ons veiligheid is belangriker! Veral na al die inbrake, ens. Het ESCOM die skelms ook ingelig? Nommer een.
Nommer twee, HPV, weet jy dat mense met sonkrasgstelsels en krag opwekkers, sal in die toekoms ‘n “heffing” moet betaal? Of so sê hulle. Krag opwekkers se diesel werk ook maar duur uit.
Nommer drie. Natus, hulle het by Honeydew, waar die drade soos spaghetti hang, dit weggevat. Die uiteinde? Betogings en brandende bande die hele Beyers Naude weg vol en motoriste wat van en na werk ry, moet anderpad ry. Van die verkeersligte werk nou nog nie, maar hulle het alweer ander konneksies gemaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.