Beurtkrag kom dalk elke dag

Tshediso Matona. uitvoerende hoof van Eskom. Foto: Werner Beukes/SAPA

Tshediso Matona. uitvoerende hoof van Eskom. Foto: Werner Beukes/SAPA

Tshediso Matona, uitvoerende hoof van Eskom, het Donderdag gesê die kragvoorsiener het die afgelope sewe jaar beurtkrag ten alle koste vermy en dat dit ʼn erge agterstand in instandhouding tot gevolg gehad het.

Matona het aangekondig dat daar van volgende week af moontlik daagliks beurtkrag sal voorkom tot minstens einde April (sien tabel onderaan berig). Matona het gesê van die kragvoorsiener se aanlegte het gedeeltelike ladingsverliese ervaar weens verslete parte.

Volgens Matona is daar nie ʼn venstertydperk om die parte te vervang of te herstel nie. Matona het gesê die “hou die ligte aan”-filosofie het ʼn kultuur geskep waar pro-aktiewe instandhouding minder belangrik is.

Matona het Eskom vergelyk met ʼn “skip wat deur moeilike waters seil” en ʼn motor wat gereeld gediens moet word. “As jy voortgaan om daarmee te ry sonder om dit te diens, sal dit jou vervoer, maar op ʼn sekere punt gaan dit onklaar raak. Ek dink dit is wat gebeur met baie van Eskom se opwekkingseenhede.”

Volgens Matona sal daar in Februarie 900 MW vir kragnetwerk verlore gaan wanneer een van Koeberg se kernkragstasies instandhouding sal ondergaan. Hy het gesê Suid-Afrikaners sal moet leer om roterende beurtkrag te hanteer aangesien die kragnetwerk onder druk sal bly tot daar nuwe opwekkingskapasiteit bygevoeg kan word.

Matona het gesê hoewel dit Eskom “pynig” om beurtkrag in te stel, dit nodig is ten einde ʼn algehele verduistering te voorkom. Volgens Matona sal dit sowat twee weke duur om ʼn algehele verduistering op te los. “Ons almal moet dit hanteer as ʼn nasionale uitdaging,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

JZ ·

Is dit dan nie apartheid se skuld die beurtkrag nie ,wel volgens die president is dit so,nou beweer Tshediso dat hulle vir sewe jaar nie onderhoud gedoen het nie,wat baie meer geloofwaardig is,Ek hoop Tshediso vertel dit n bietjie vir Jacob.

philip ·

Maar die miljoene rande se bonuse wat hulle ontvang, die word natuurlik goed instand gehou!?

Henry ·

Die rooi datums bevestig gewoon die omvang van die krisis wat ons in die gesig staar.
Hierdie Einstein en sy pelle kan nie eers ‘n slaggat herstel nie!!!
Waarom sou enige mens wat regop loop en tot by tien kan tel, die snert en onsin wat hierdie huidig bevoordeelde miljoenêr kwytraak, aanvaar???
Dis nag Nella!!!

anna ·

Nee kyk dis soos cry wolf, wonder wat gaan regering doen as ons wittes apartheid die skuld gee vir als wat nou verkeerd gaan, ja omgekeerde apartheid.

Lillian ·

Matona, jy lieg! As julle minder steel en lieg sal dit beter gaan! Ons betaal steeds ons rekeninge om ‘n diens te verkry wat julle nie kan lewer nie, want julle steel te veel en nou moet ons julle maar begin dagvaar en ophou betaal, want na regte breek julle kontrak.

In die lokasies brand straat ligte en groot spreiligte … hoekom moet beide aan wees? Dis ‘n mors van elektrisiteit waarvoor julle tjommies in die lokasies nie betaal nie, die “apartheidsbabas” moet mos maar opdok!

Nina ·

Maklik! Sit ALMAL in Soweto wat al vir 20 jaar GEEN elektrisiteit betaal nie, se krag af! Dis ‘n verdomde stad op sy eie.

Pierrè ·

Besef die mense nie wat hul sè as hul alewig apartheid die skuld gee nie – hul erken net hul onvermoê om dinge reg te maak. In apartheidsjare was daar nie gate in paaie nie, krag was geen probleem nie, mense het werk gekry, munisipaliteite het hul werk gedoen. Vandat stakings die groen lig gekry het en doodstraf weggevat is het moeilikheid begin. Die huidige regering moet net hul trots in sak steek en gebruik maak van die beskikbare kundiges (ons weet mos wie dit is) dan kan dinge tot groot maat herstel word, dit sal wel bietjie tyd vat want skade is al te groot, maar dit kan wel gedoen word

Malinda ·

Wat kan gedoen word dat die regte persone verantwoordelik vir die val, die mense se kommentare kan lees, almal lewer kommentaar en daar word geensins aandag daaraan gegee nie.

Gideon ·

Die waarheid is eenvoudig- die hele sisteem het gewerk, genoeg krag is opgewek, maar nie om vir elke persoon wat deur die grens kom van krag te voorsien nie. So val alles plat, onderwys, hospitale, paaie, munisipaliteit, veeartseny dienste en elke denkbare ding waaraan die huidige regering raak!! Hulle kan bly wees vir handjie boere wat oor is anders was hier nie meer kos op die tafels nie!!

Louis ·

Ek wonder net wie van julle mense het vir dit gestem in 1994

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.