Beurtkrag kry blaam vir agterstand by polisie se forensiese laboratoriums

Argieffoto

Argieffoto

Volgens ʼn senior polisiebeampte het beurtkrag ʼn groot impak gehad op die polisie se forensiese laboratoriums in die 2014/15 finansiële jaar. Beurtkrag is glo die rede vir dié laboratoriums se onderprestasie.

Lt.genl. Khomotso Phahlane, afdelingskommissaris vir die polisie se forensiese dienste,  het Woensdag aan die parlement se portefeuljekomitee oor die polisie gesê daar is twee jaar gelede ʼn doelwit gestel om ʼn 93% suksessyfer te behaal om forensiese bewysstukke te verwerk.

Die laboratoriums, wat onderskeidelik in Gauteng, die Wes-Kaap, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap geleë is, het egter gedurende die 2014/15 finansiële jaar net ʼn 69%-suksessyfer behaal.

“Beurtkrag is grootliks die rede waarom die doelwit nie bereik is nie omdat die laboratoriums baie sensitiewe omgewings is,” het Phahlane gesê.

“As beurtkrag toegepas word meng dit in met sensitiewe toerusting – veral as dit weens beurtkrag beskadig en herstel moet word. Op sigself sal dit ʼn impak op produksie hê omdat die toerusting wat nodig is om met gevalle te werk nie voldoende is en nie op die vlak is wat dit veronderstel is om te wees nie.”

Hy het gesê ander faktore wat tot die prestasiesyfer bygedra het was ʼn oorvloed van sake wat tydens misdaad-spitstye ontvang is, asook probleme met watertoevoer na sommige van die laboratoriums.

Phahalane het gesê die laboratoriums het op 1 April vanjaar ʼn agterstand van 3 304 sake gehad. Hy het gesê dié syfer verteenwoordig ʼn 1,1% agterstand, wat veel laer is as ander lande met veel beter laboratoriums waar daar ʼn gemiddelde agterstand van 13% is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Knersus ·

As hy dink ons gaan dai leuens glo moet hy truggaan skool toe. Al die laboratoriums het kragopwekkers. Daar was seker ni geld vie diesel ni.

Dirk Bosman ·

Komaan generaal.Forensiese dienste by SAPS is al jarelank disfunksioneel.

carol every ·

Beurtkrag kos my ‘n yskas wat net 3 jaar oud is van oor die R10,000!!! Wonder waar kan ek eis??

Grassie ·

En dieselfde generaal is nou aangestel as die waarnemende kommissaris van die SAPolisie. In die vorige bedeling was die forensiese laboratoriums, onder beheer van genl Lothar Neethling, beskou as een van die bestes in die wêreld.

Theresa ·

Siestog – Hoe pateties. Iemand moet die skuld kry……………………………

Fanie ·

Is reg. Laat Eskom hoor wat se skade doen hulle.
Die instandhouding van die Forensiese gebou is gaoties en pateties agv van swart bemagtigings kontrakte wat deur die staat uitgegee word. Die kontrakteurs het geen benul wat hulle doen. Kennis en vakmanskap ontbreek en mamparras word aangesit om die herstel en onderhoudswerk te doen.

Kobus ·

Ek is net verlig dat dit nie apartheid of die stomme Jan van Riebeeck se skuld was nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.