Beurtkrag laat bejaardes gestrand

Argieffoto

Argieffoto

Bejaardes van ʼn ouetehuis in Brakpan, oos van Johannesburg, moet noodgedwonge trappe klim nadat beurtkrag die agt verdieping hoë gebou se hysbak onklaar gelaat het, het Beeld Donderdag berig.

Twee mans was verlede Vrydag vir ure lank weens beurtkrag in die hysbak van die Tweedy Park-ouetehuis vasgekeer.

Die mans, ʼn besoeker en ʼn inwoner, is uiteindelik deur die brandweer bevry, maar sedert die reddingspoging is die hysbak buite werking. Die tehuis het ʼn tweede hysbak, maar dit is al vir die afgelope vyf jaar buite werking.

Rina Blackbeard, ʼn 84-jarige inwoner, is nou in haar kamer op die vyfde verdieping gestrand omdat sy nie met haar loopraam by die trappe kan afklim nie.

Sommige inwoners is dapper genoeg om met die hulp van die verpleegster Rina Henrikz die trappe aan te durf. Hendrikz loop agter hulle om seker te maak dat hulle nie val nie.

Eddie Mkomotse, die Ekurhuleni-munisipaliteit se uitvoerende streekbestuurder van menslike nedersettings, het aan die koerant gesê iemand sal na die tehuis gestuur word om die situasie te evalueer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Theresa ·

Ja Eskom verstaan nie die implikasies van hulle onbevoegdheid nie.

anet ·

Eddie Mkomotse wanneer gaan iemand gestuur word, het jou iemand nie ‘n naam nie, seker moet jy weet wie die manne is wat die evalueering moet doen.???? Sal seker eers volgende jaar gebeur. Almal is mos nou met vakansie. Skaam julle om sulke ou mensies aan hulle eie genade oor te laat, en die ander hysbak is nou al 5jr stukkend(pateties). Ek hoop die dag as julle oud en vlenters is, dat julle ook aan die genade van Munisipaliteite onderwerp sal word

V ·

Uiters pateties en swak.Weet nie hoekom ons meer kla op die blad nie,en niks word aan situasies in die land gedoen nie.Geen respek vir bejaardes nie.

Karin Rossouw ·

Siestog. Wonder net wat maak julle nou met die etenstye as die oupas en oumas nie kans sien vir die trappe nie. Dankie vir al die gewillige hande by die ouetehuise wat nog bereid is om na ons ou-mensies kyk en versorg.

lillian ·

Ek sê mos, kom ons dagvaar ESKOM vir die diens wat nie gelewer word nie, as ons nie ons krag rekening optyd betaal nie, sit hulle summier jou krag af, so nou is dit ons beurt! ESKOM is nes die regering – voel vere vir ander terwyl hulle lekker aan kaviaar smul moet die res van die land droë brood eet, erger gevalle net krummels!

Charlene ·

Hoekom hou eskom nie eerder op om krag na ander lande uit te voer nie – aangesien die ander lande nie daarvoor betaal nie – en gee krag vir die mense wat betaal.
Dis pateties en siek!!!!! Julle behoort julle te skaam om ou-mensies so sleg te behandel en nou sal hulle glo iemand stuur om te gaan kyk! Ag asseblief tog.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.