Beurtkrag lank Vrydag toegepas

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het aangekondig dat beurtkrag vanaf Vrydagoggend 08:30 vir die res van die dag toegepas sal word.

Die beurtkrag sal na verwagting tot 22:00 die aand toegepas word weens die verhoogde vraag na elektrisiteit en die tekort aan opwekkingskapasiteit wat deur tegniese foute by sommige kragstasies veroorsaak is, het die kragvoorsiener gesê.

Eskom het gebruikers weereens verseker dat beurtkrag toegepas word as ʼn noodsaaklike maatreël om die kragstelsel te beskerm en te verseker dat onderhoud gedoen word om die stelsel op die langtermyn te ondersteun. Volgens Eskom kan enige onverwagte veranderinge aan die “kwesbare en beperkte kragstelsel” lei tot beurtkrag op kort kennisgewing.

Die kragvoorsiener het kragverbruikers aangemoedig om energie-doeltreffende maniere te gebruik om warm te bly gedurende die winter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

CHRISTA ·

Ons het nooit 20 jaar gelede al hierdie tegniese foute in ons kragtoevoerstelsel ondervind nie. WAT GAAN AAN? Is die mense wat aan hierdie stelsels werk opgelei of het hulle ook maar ‘n 3 maande kursus by Ekurhuleni se Kolleges geloop en ‘n sertifikaat daarvoor ontvang (nou dink hulle hulle is ten volle gekwalifiseerd)!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.