Beurtkrag lei tot wateronderbrekings in Nelson Mandelabaai

Argieffoto (Foto: dechatorn, Pixabay)

Die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit het inwoners Woensdag gemaan om water spaarsamig te verbruik, omdat beurtkrag probleme met waterpompe veroorsaak.

Mthubanzi Mniki, woordvoerder vir die munisipaliteit, het gesê daar is verskeie onderbrekings by verskeie waterbehandelingsaanlegte en groot pompstasies weens beurtkrag.

Mniki het verduidelik die verlengde fase 4-beurtkragperiodes maak dit onmoontlik om voldoende voorraad op te bou, omdat daar eenvoudig nie genoeg pompure in die dag beskikbaar is nie. “Die kwessie word vererger deur twee afsonderlike meganiese foute op die voorraadstelsel, maar die spanne is besig met herstelwerk.”

Die munisipaliteit versoek alle verbruikers, insluitend ondernemings en inwoners, om verbruik drasties te verminder om seker te maak dat gebiede nie wateronderbrekings beleef nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ruiklont ·

Wat ‘n verleentheid het die ANC geword vir SA beeld wêreld wyd

John ·

Eintlik verskaf ons bloot ‘n voorskou vir die Weste vir wat vir hulle voorlè op die pad wat hulle betree het… net op ‘n erger skaal want die VSA en Europa doen alles groter en die val gaan ook groter en harder wees.

Ronel ·

Kroonstad steier ook onder dit. Sekere dele was vir 2 amper 3 dae sonder water. In n woonbuurt betoog hulle kliphard teen swak dienslewering, maar kom die verkiesing, word hulle tog te maklik omgekoop met n t hempie en kospakkies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.