Beurtkrag: Ligte vir eers aangehou

Argieffoto (Pixabay)

Eskom het Sondag aangekondig fase 2-beurtkrag gaan net tot 21:00 Sondag toegepas word, nadat hy sy noodreserwes voldoende herstel het. Beurtkrag gaan wel moontlik later vandeesweek weer ingestel word.

Die kragvoorsiener het gewaarsku die risiko van beurtkrag is steeds groot, weens die beperkte en onbetroubare opwekkingsaanleg.

Onbeplande kragonderbrekings het Sondag omstreeks 15:20 op 10 634 MW gestaan.

Volgens Eskom het die beurtkrag van die naweek gehelp om die gebruik van noodhulpbronne te verminder. Die pompopgaarskemas is weer ingestel om die kapasiteit aan te vul.

Eskom herinner verbruikers daaraan dat beurtkrag op kort kennisgewing weer ingestel kan word indien daar enige veranderinge aan die stelsel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

antieke antie ·

ons is so moeranties in die nuwe afrika demokrasiese SA ….maar hulle help nie met vervang van gebreekte toerusting nie….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.