Beurtkrag Maandag eers afgeskaal

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Eskom het beurtkrag Sondagaand voorlopig opgeskort. Dit sal egter Maandagoggend weer voortgaan.

Die kragvoorsiener het gesê fase 2-beurtkrag is Sondag van 21:00 opgeskort nadat hy sy noodreserwes voldoende aangevul het.

Fase 1-beurtkrag sal egter Maandag teen 09:00 ingestel word.

Volgens Eskom het die waterreserwes van sy pompopgaarskemas voldoende herstel terwyl hy steeds werk om sy dieselreserwes vir sy oopsiklusgasturbines voldoende te herstel.

“Ons sal teen Maandagmiddag ʼn opdatering gee rakende die stand van die kragnetwerk. Die risiko van beurtkrag bly egter van krag vir die week.”

Volgens Eskom was daar Sondag teen 16:00 11 126 MW se onbeplande onderbrekings en werk sy spanne hard om dit te verminder.

“Ons gaan ook voort met kritieke instandhouding ten einde beurtkrag te probeer verminder.”

Eskom het weer benadruk dat daar vir die volgende 18 maande ʼn risiko van beurtkrag is terwyl daar kritieke instandhouding gedoen word aan verouderde kragstasies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

antieke antie ·

hoeveel van wat ander lande skuld is al ingesamel?… wanner sny hulle daai gratis krag af

koos ·

Die vorige regering het aspris elektrisiteit goedkoop gehou want, raai wat – jou fabrieke, myne, plase, Checkers en so meer gebruik dit grootliks. Nou kom die AA/ EE “current regime boffins” en maak dit baie duur. Raai weer wat – die ekonomie kry swaar, vertoue in die land daal, mense verloor hulle werk. Raai weereens wat – minder belastings word betaal en siedaar, die staat kort geld. Praat van jouself in die voet skiet!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.